Advertisements
Don't miss out...

Rooies se hande bly besig …

Wanneer Rudi Grobbelaar sy entertainer hoed opsit, raak hy die Rooies wie ons so goed ken. Hy is al 18 jaar in die musiekbedryf en vyf jaar in die radio bedryf. Dit is dan ook hier, by die Sonskyn radio ateljee in Brackenfell, waar ek by die bekende Afrikaanse sanger gaan inloer.

Dit is ‘n besige dag in die ateljee met Rooies se twee gaste. KayCee en Pieter Mohr kuier saam op die lug. Die country sanger Pieter Mohr, vertel van sy ewe besige program en KayCee glimlag breed oor die verloop van haar nuwe enkelsnit “Sê my hoe”.

Wanneer hy agter die mikrofoon inskuif vir Weskus Tyd, (weeksdae 12h tot 3h op Sonskyn Radio 100.6fm), geniet die luisteraars sy gemaklike geselstrant en musiek. Hy interact via sms en whatsapp en die lyne gons. Almal het iets te sê op sy comments en wil ‘n mening deel. Sy opmerkings is pittig en skerp. Hy dryf maklik die spot met homself wat net bydra tot sy radio charm.

Gebore en getoeë in die Kaap, sal hy graag in Jacobzbaai wil aftree. Die Weskus is sy hartsplek. Musiek was eers ‘n sideline verdryf. Hy was eers ‘n dieselwerktuigkundige tot sy musiek meer as tydverdryf geraak het. Dié sanger, wie ook in die sekuriteitsbedryf ‘n draai gemaak het, skilder ook graag. Hy voeg lagged by:

So op my manier.

Van sy kunswerke hang in sy huis. Verder hou hy van houtwerk en is ook lief vir kosmaak. Hy was ook te sien in die VIA program “Laat die Potte Prut” saam met twee van sy baie goeie vriende.

Met reeds tien albums agter sy naam, het Rooies sy merk duidelik gemaak in die bedryf. Sy program is vol, maar dit is iets wat hy wil doen solank as wat hy nog asem het. Hy is passievol oor die musiekbedryf, erkenning vir kunstenaars en raak ernstig wanneer ons daaroor praat.

Sy raad aan voornemende kunstenaars is eenvoudig.

Doen jou eie ding. Vergeet van almal.

Die beste raad wat hy self nog gekry het was van ‘n ewe groot naam in die bedryf, die Sanger Christo Snyman – “Besluit of jy nou hier wil wees, of vir altyd.” Rooies het duidelik die besluit gemaak om nie net vandag hier te wees nie.

Kry kunstenaars die erkenning wat hulle verdien?

Die mark word oorheers en gemanupileer deur gesag. Harde werk word nie regverdig beloon nie. In die mark is dit ‘n kwessie van ‘who you know’. Daar is baie politiek en ontevredenheid in die bedryf.

Gaan dit wérklik so swaar met kunstenaars in die musiekbedryf?

Daar is plek vir almal. ‘n Kunstenaar moet nie net sing nie, maar iets nuuts skep. Dit is waarom van hierdie mense al ‘n 10 tot 15 jaar pad stap. Moet nie kwaai vriende maak nie en vergeet van almal, doen net jou eie ding.

Watter bekendes sal jy graag in die ateljee wil hê?

Rina Hugo, Carika Keuzenkamp en Laurika Rauch.

Groot name in die bedryf en mense wie ‘n beslis te merk in Afrikaanse musiek gemaak het.

Rooies, wie kitaar en ook dromme speel, sal graag wou leer bekfluitjie speel. Sy musiek talent kom verseker van sy ewe musikale familie. Sy Pa speel amper elke musiekintrument.

Talentvol, snaaks en ‘n mooi stem, ‘n mense mens wie altyd tyd het vir sy fans en mense wie sommer net wil kom gesels. Hy skryf en verwerk 90% van sy eie musiek. Sy inspirasie kom nie van enige iemand of iets spesifieks nie, maar eerder van die mooi en goed in die alledaagse lewe. Rooies se kern eienskap is nederigheid. Dit is die legacy wat hy graag sal wil nalaat.

Mense moet my musiek en vir my as nederig onthou.

Advertisements
About AnnetteH (16 Articles)
I am a coffee shop owner, MC, guest speaker and radio host with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. As a working title holder of two beauty pageants I do charity work and fundraisers for a few organisations under an NPO umbrella. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: