Advertisements
Don't miss out...

Stefan Enslin moes hard baklei vir sy “Jesus flieks”

Afrikaanse films het die afgelope paar jaar ‘n oplewing gemaak en daarmee saam het die publiek se stem duideliker geraak – maak nog goeie Afrikaanse flieks.

Dit is dan ook net wat vervaardiger Stefan Enslin en sy span doen.  Met “Nul Is Nie Niks Nie”, het hulle dit reggekry om Suid-Afrikaanse talent in ‘n familie film vas te vang.  Wat hulle bied is iets wat tien sterre verdien.  Die critics en publiek rant en rave oor hierdie Afrikaanse fliek met so tikkie “andersheid.”

Allowel openiningsnaweek nie die verwagte getalle gelok het nie, twyfel ek nie vir een oomblik dat hierdie fliek baie goed gaan doen nie.  Uitstekende draaiboek en kamera werk.  Die storie is diep en snaaks, maar terselfdetyd ernstig.  Bekende en nuwe akteurs, weereens ‘n bewys van Suid-Afrikaanse talent.

Almal wil ‘n stukkie van die vervaardiger en ander sleutel mense hê.  Tussen vele onderhoude kon Stefan daarin slaag om uur aan Tjlevva lesers af te staan.

Vir Stefan, wat eens as stadsbeplanner was en in London gewerk het, was daar maar altyd die hunkering na films maak.  Met Jesus as sy doel was dié tipe films om te maak ‘n logiese keuse.  Dit het egter ook bewys om nie noodwendig die maklikste te wees nie.

Met Verskietende Ster, wat in 2016 vrygestel is,  het hy keer op keer voor toe deure te staan gekom.  Moontlike borge het daarop aangedring dat hy die “Jesus” moet uithaal.  Selfs Christellike besigheidsmanne wou hulself nie assosieer met ‘n Christellike fliek nie.  Die storie was net te na aan sy hart om toe te gee of moed op te gee.

Naledi het belangstelling getoon en binne drie maande na publikasie het die roman vervaardigers se aandag getrek.  Stefan het KykNet genader en is die roman in ‘n draaiboek verander.

Dit is ‘n beautiful fliek en ek is super proud daarop.

 Op 17 November word Liewe Kersfeesvader, wat by die 2017 Silwerskermfees gedebuteer het, vrygestel.  Ook hierdie film beloof om die hele familie te entertain en Stefan gee weg daar ook so twist te wagte kan wees.

 As ek terug dink aan my kinderjare toe ons cinemas toe gegaan het saam met my ouers, dit was lekker om dit as gesin te kon saam doen.

 Dit het vir Stefan gevoel asof hierdie voorreg nie meer bestaan nie en hy wou begin fokus op films waarheen ouers hulle kinders kan neem en almal dit kan geniet.

Sedert 2012 is Faith in Motion Productions aan die beweeg om films, aanvaarbaar vir die hele gesin te maak

… maak nie saak hoe jonk nie, en jy weet jy hoef nie hulle oë of ore toe te druk nie.

Stefan, Reghard van den Berg, en twee ander vennote gaan fokus op Christelike films, films wat net die boodskap gaan uitbring.

Maar nie op ‘n Bible bashing manier nie.  Ons wil dit op ‘n entertaining manier oordra, maar die boodskap gaan sterk deurkom en ons skroom nie weg om die Here se naam te gebruik nie.

Hy deel dat hulle eerste draaiboek reeds voltooi is.  Dit is gebasseer op ‘n ware verhaal.  Hierdie ernstige onderwerp, human trafficking, is iets wat ons daagliks in die gesig staar en skerp aan die toeneem is.  Die boek – From playground to prostitute/Van skoolbank tot bordeel bed, spreek dan juis dit aan.  Dit is hierdie tipe ernstige onderwerpe wat die span gaan omskep in films.

Ons gaan dit in Engels vertaal ook want ons wil dit internasionaal versprei.

Stefan noem ook dat die grootste struikelblok in Suid-Afrika die befondsing is.  Finansiering is bitter moeilik om te bekom vir films.  Hy twyfel glad nie daaraan dat hierdie tipe films mense se lewens raak nie.  Stefan glo dat die behoefte daar is en met die nodige befondsing, hulle soveel meer kan doen.

As ek dink aan soos Verskietende Ster, hoeveel boodskappe ek op ‘n daaglikse basis kry van mense wat sê die storie het hulle lewens verander.

 

Stefan vat glad nie krediet hiervoor nie.  Hy sê dadelik dat hy maar net ‘n instrument is. Nederig, talentvol en openlik ‘n Christen; met hom aan die stuur van hierdie films kan nog meer lewens verander word.

Dit is nie ek nie, dit is die Here, Hy het die storie vertel.  Hy het my net gebruik om dit te doen.

 

 

 

 

 

 

Advertisements
About AnnetteH (14 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: