Advertisements
Don't miss out...

Leoné – meer as net nog ‘n Moerige Mamma…

Met die stewige 21 000 followers op haar Facebook page, ’n getal wat daagliks groei, het blogger en vlogger Leoné Mostert gou besef dat sy “′n spraakbuis vir ′n spreekwoordelike groep is.” Daarvan getuig die inbox boodskappe van mense wat dankie sê en ook sommer seker maak sy het genoeg inhoud.

Leoné se funny, op-die-vrou-af videos, comments en blogs deal met elke dag irritasies, funnies en gebeure.  Snaaks, eerlik, relevant, soms moerig en soms nie,  sy staan bekend as die Moerige Mamma.

17796490_919343458218894_4803928764387566120_n.jpg

Leoné voel dat sy ′n verantwoordelikheid het om sekere onderwerpe aan te spreek en dat mense haar vertrou om dit te doen.  Sy sukkel nog om daaraan gewoond te raak dat daar soveel mense is wat wil luister na wat sy te sê het. Met Whatsapp voice notes en boodskappe het ek en Moerige Mamma lekker gesels oor haar skryf en videos maak.

Wat het jou laat blog?

 Verveeldheid.  My man werk in Wes-Afrika.  As grasweduwee en ma van ‘n klein dogtertjie het ek begin skryf oor die challenges daarvan.

Sy skryf al lank, maar het haar WordPress blog in Maart hierdie jaar begin.  Haar Facebook page wat in Mei gevolg het was eintlik ‘n oeps.

Ek wou dit gebruik om my WordPress blog te adverteer.  Toe eendag was daar iets wat ek net nie kon skryf nie, ek moes dit net sê.

In daai heel eerste video het Leoné haar frustrasies oor hulle destydse bouer gelig. Daar het meer mense by haar boodskap aanklank gevind as wat sy ooit kon droom. So 24 uur, 36 000 views, en een angsaanvalletjie later, was die Moerige Mamma op die map, en ’n hit by almal, behalwe natuurlik die uitgehaalde bouer. Leoné moes daai heel eerste video afhaal om vrede te bewaar.

Is die bloggery vir jou pret?

Verskriklik baie.  Hierdie Facebook page verskaf my eindelose plesier.  Dit is ongelooflik hoe baie like-minded mense jy ontmoet.

Is jou videos first take?

Nege uit tien ja, want ek voel net dit is dan real.

Hoe hanteer jy kritiek?

Goeie kritiek is altyd welkom.  Mens kan nie genuine vooruit beweeg in die lewe as jy nie kritiek kry nie.

En die lelike kritiek?

Ek het ′n bittere dik vel, ek steur my nou nie juis nie.  Neem alles met ′n knippie sout op.

Voel jy dat jou followers genoeg interact?

 Ja ek hou van die interaction en sal nie wil hê hulle moet minder interact nie.

 Wat is die struikelblokke wat jy ervaar?

Ons huis se bou in die Kaap wat maar net nie wil klaar kry nie.  Ek het nie régtig plek vir my Moerige Mamma werk nie.

 Sy voeg vinnig by.

En soos elke blogger – selfoon battery wat nie hou nie!

Soos meeste mammas is sy ook maar besig en tyd vir stokperdjies is maar min.  Haar belangstellings is baie divers.  Sy gee stem aan dit wat baie van ons te bang is om te sê, het  ’n LLB graad, boer met erdwurms en het ′n passie vir dans.

My actual stokperdtjie is dans, Flamenco dans.  Ek sou dit graag verder wil vat sodat ek kan full on kwalifiseer.  Dan kan ek my eie dansskool begin as ek sou wou.  Ek is nou lus vir ′n challenge.

 En dit is?

 Salsa, dit is wat ek nou wil begin doen.

Wat wil jy vir ander Moerige Mammas sê?

Laat jou moerige vlag hoog vlieg.  Daar word baie van mammas verwag.  Mammas is net mense.  As jy die dag moerig is, admit dit, sê dit.   Mamma wees is nie elke dag lekker nie en dit is okay om dit so nou dan te verloor.

Leoné is deur die televisiekanaal VIA genader om deel te wees van ‘n veldtog wat kykers aanspoor om in Afrikaans te vlog, spesiaal vir die behoud van die taal. Jy sal haar dus nou op die teevee ook kan sien. (Hier is een hoeka ‘n video oor suiwer Afrikaans wat jy dalk sal geniet.)

Wat volgende vir Leoné en Moerige Mamma?

Hou die page dop, daar is iets exciting in die pyplyn.

Binnekort is die Mosterts Kapenaars, maar daar is ook iets opwindends om na uit te sien in die nabye toekoms vir Moerige Mamma aanhangers.  Ons het plegtig beloof om die geheim te hou.  (Met moeite!)

Om te sien waaroor almal gons, maak ‘n draai op haar Facebookblad en chat saam met Leoné en ander Moerige Mammas.

 

Advertisements
About AnnetteH (13 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: