Advertisements
Don't miss out...

Cathy gaan viral met haar ‘gewone lyf’

Cathy de Lange en haar jongste dogtertjie Leandi. Source: Cathy de Lange

Verlede week het Bloemfontein mamma Cathy de Lange ’n video gemaak en op Facebook gepost met ’n boodskap oor haar lyf.  Dis nou die lyf wat, soos sy sê, in die eerste plek nooit ’n size 10 was nie, en na swangerskap rekmerke en ’n “mammapens” ook moes begin dra. Haar gewone lyf.

Die boodskap was eenvoudig: enige vrou wat die voorreg en vreugde daarvan ervaar het om ’n lewe te kon dra, durf nie vir haar lyf wat nou die bewyse daarvan wys kwaad wees nie.

Die video het aanklank gevind by talle gewone lyf mamma’s wat hom vir hulle gewone lyf vriendinne aangestuur het. En nou al is daar meer as 320 000 vrouens wat danksy Cathy se woorde anders na hulle liggame kyk.

Indien jy nog nie Cathy se video gesien het nie, gee gou vir ons twee minute van jou lewe…

 

Die Huisgenoot, al wat ’n radiostasie is, en ’n magdom Facebook en Twitter followers soek almal skielik ’n stukkie van Cathy se gewone lyf. Tog het sy tyd gemaak om met tjlevva ook te chat oor wat sy vir mammas wil beteken en oor hoe dit voel om oornag viral te gaan. (Sy moes damnit! Sy blog dan vir ons ook)

Hoe voel dit om te weet jou boodskap het meer as 320 000 vrouens aangeraak? 

Dit maak my nederig. Dit maak my bly! EN dit maak my hartseer om te weet dat daar soveel vroue is wat onseker is oor hulself en wat vergeet het hoe om vir hulleself lief te wees, wat vergeet het dat hulle pragtig is.

-Cathy

Wanneer het jy al “vergeet dat jy pragtig is” of gevoel jou lyf is nie goed genoeg nie? Wie het jou so laat voel?  

O jinne… Al baie in my lewe! Selfs al voor ek my kinders gehad het en ook daarna. Dit het my lank gevat om op ʼn punt te kom waar ek lief geword het vir my lyf. Ek het MYSELF so laat voel! Ons is ons eie grootste kritici en ons glo onsself baie maklik.

-Cathy

 

Wanneer ’n mens “going viral” google, is als wat opkom te doen met hoe om dit reg te kry, maar daar is nie veel inligting oor hoe om te maak wanneer dit met jou gebeur het nie. So, hoe is dit?  Ervaar jy tans instant fame? Is daar skielik mense wat op hoërskool nie jou naam geken het nie wat jou nou bel en nooi vir koffie? 

 In ’n mate, ja. Dis nogal oorweldigend! My vriendekring op Facebook het met ’n goeie 3000 gegroei, en die wonderlike ding daarvan is dat dit mense is wat my glad nie ken nie, maar wat my so opgehef en met liefde toegegooi het dat ek telkemale sommer tranerig geraak het as ek van die boodskappe lees. Maar niemand het my nog genooi vir koffie nie… 😉

-Cathy

Hierdie is nie jou eerse video wat mense aanraak nie, maar wel die eerste een wat op hierdie skaal gedeel word. Is daar skielik meer belangstelling in jou ouer videos ook? 

Absoluut. Dis lekker om te weet dat mense nie stilstaan by hierdie een video nie, maar sommer bietjie gaan rondsnuffel en die ander ook kyk.

Wat is jou belangrikste boodskap, jou mantra vir ma’s?

ʼn Slegte dag maak jou nie ʼn slegte mamma nie. Ons het ALMAL sulke dae. Om ʼn ma te wees, is bleddie moeilik! Weet net dat jy in jou kind(ers) se oë amazing is en niemand sal ooit jou rol in jou kind se lewe kan vervul nie.

Gaan jy aanhou om ’n spreekbuis te wees vir vrouens en vrou issues? Dalk ’n boek skryf?

Ek gaan beslis! Die plan is om myself baie meer beskikbaar te stel vir vrouebyeenkomste as spreker om hopelik sodoende weer ʼn liefde vir hulself by vroue van oral oor wakker te maak. Wat die boek aanbetref…. Mens weet nooit… Enige uitgewers wat hier lees?

-Cathy

En jou familie, is hulle trots? 

My meisiekinders is 9, 6 en ʼn jaar en 10 maande oud. Hulle is nogal trots! My oudste sê nou die dag, “Mamma, jy begin nou om famous te word”. Hulle is nou al so gewoond aan mamma wat videos maak dat dit nie eers meer vir hulle snaaks is nie. My man is amazing. Hy het nou die aand sjampanje huis toe gebring (nie-alkoholies!) sodat ons en die girls saam met aandete kon celebrate. Hy is my grootste ondersteuner en my klankbord – ek sou dit nie sonder hom kon doen nie.

-Cathy

 

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: