Advertisements
Don't miss out...

Só rol ’n rolmodel wat ander opbou

Diane Nel. Source: Mrs. Mzantzi Africa

Ons staar onsself blind teen die kroon en die sash, die perfekte naels en mooi gesig.  Dan raak die mens agter die titel maklik verlore in ’n warboel van funksies, fundraisers, motiveringspraatjies en photo shoots. Rolmodelle, gedurig in die publieke oog, moet heeltyd perform. Ons vergeet soms hulle is ook gewone mense. So wat inspireer en motiveer ’n rolmodel om aan te hou rol? En wie is jy nou eintlik as jy by die huis is?  Ek het vir Diane Nel, Mev Mzantzi 2017 (en ook Mev Kaapstad 2014 en 2015) vir lunch ontmoet om te gesels oor juis dié dinge.

Haar lewe het onherroeplik verander sedert daardie eerste deelname aan ’n skoonheidskompetisie in 2013.

Na my egskeiding was ek alleen met twee kinders.  Ek was op ’n baie slegte plek en wou ’n einde aan alles maak.  Wie sou my ooit kon liefhê? My selfbeeld was aan flarde en ek was onseker, bang en baie skaam.  Ek het dit aanvanklik gedoen om beter te voel oor myself en met die hoop om iets te bereik.  Ek het myself ’n deeglike pep talk gegee en besluit ek is tot meer in staat.  Die eerste jaar, 2013, was ek onder die top 5, die jaar daarna is ek gekroon as Mev Kaapstad.

-Diane

Een woord staan voortdurend uit in ons gesprek – upliftment.  Die aanvanklike rede vir Diane se deelname aan pageants was om haarself op te bou, maar vandag fokus sy op die opbou van ander. Dit vorm die kern van haar titel.

Sedert haar kroning, het sy mense, hulle swaarkry, seer en pyn leer ken en verstaan.  Dit gaan nie meer oor net haarself nie.  Diane wil ’n lig in mense se lewens wees en heelmaak wat stukkend is.

Toe ek in 2014 die titel wen het ek besef dat God my hier gesit het.  Ek is ’n instrument in Sy Hande.  Ek dra die kroon om vir Hom te werk.  My titel is die tool waarmee ek kan werk om mense te bemoedig, help en uplift.

-Diane

Die Imfundo Educare skool in Worcester is ’n projek wat haar na aan die hart lê.  Die bou van klaskamers is op die oomblik die grootste behoefte, alhoewel boumateriaal, kos, klere en fondse ook dringend benodig word.

Kort voor Paasfees was Diane en haar pageant kollegas weer by die skooltjie met paaseiers en kospakkies.

17904129_629904580536957_1117541009422505108_n

Source: Imfundo Educare Worcester

17972163_629904723870276_4120395758151604520_o

Source: Imfundo Educare Worcester

Maar kom ons praat gou reguit. As publike figuur, rolmodel en titelhouer is daar sekere verwagtinge waaraan Diane moet voldoen. Sy kan nie meer gou gou in haar slippers by die kafee inglip nie.  Sodra sy by haar voordeur uitstap is sy publieke eiendom. En hoewel sy soos elke ander normale vrou soms ‘n moeilike dag het, vet voel, of haar toys uit die cot wil gooi, het sy as rolmodel nie meer daai luxury nie.

Soms is ek so besig om ’n ander vrou te vertel hoe waardevol sy is, dat ek eintlik van myself vergeet en nie voel soos ’n rolmodel nie.  Hoe ander my sien is nie hoe ek altyd voel nie.

-Diane

Sy laat my besef dat ons meestal te hard op onsself is.  Wat Diane sien as ’n swakheid in haarself is eintlik net bewys van haar moed en durf;  ten spyte daarvan steeds fokus sy eerder op ander as op haarself.  Ons bereik mylpale, elke dag, sonder dat ons besef hoe waardevol ons eintlik is.

Haar dogter het haar as onderwerp gebruik vir ’n praatjie by die skool; sy het Diane as haar rolmodel gekies.  Dit het trane in haar oë gebring en haar laat besef, sy mag dalk nie altyd die rol voel nie, maar sy staan verseker die skoene vol.  Wat haar kind van haar dink, skryf en oor haar voel het haar nuwe moed gegee. Want by die huis is Diane ma, vrou, en  net mens.

Ek was ook vloere en skottelgoed.  Soms is dit moeilik om te vergeet van my eie challenges en verse wanneer ek my rolmodelskoene aantrek.  Maar elke dag is ’n blessing en bring nuwe moontlikhede.

-Diane

Om tyd saam met haar gesin te spandeer is vir haar baie belangrik. Sondae is reserved vir die die Nel gesin.  Dan spandeer sy graag haar dag met haar man en kinders.  Dit is wanneer sy herlaai en opnuut fokus.

Sommer op die bed, in ’n gemaklike sweetpak met ’n  lekker movie.  My kinders moet die memories kan hê dat ek daar was vir hulle.

-Diane

Sy bestuur haar tyd met sorg.  Selfs ’n titelhouer moet geld verdien en kinders rondry! Soggens bekyk sy haar dagboek, wat gewoonlik redelik vol is, dan beplan sy haar dag.  Sy erken dat sy self ook soms maar opslip met die tydsbestuur en dan sukkel sy ook maar om alles in haar dag met te min ure in te pas.

Diane se man, Riaan is seker haar grootste fan en spring gereeld in om vliegtuigkaartjies, huurmotors en verblyf te reël wanneer sy moet reis.  Hy sorg dat alles in plek is. Hy is haar PA, ondersteuner, man en vriend.

As jy nie die ondersteuning van jou familie en vriende het nie, gaan jy dit nie maak as publieke figuur nie.

-Diane

Wie is Mev Mtzanzi se rolmodel? 

Die persoon wat die naaste aan my was toe ek groot geword het, my vriendin, Kobie.  Sy het nie ’n titel gedra nie, sy het klein kinders gehad, klere gemaak, gestudeer en tog nogsteeds tyd gehad vir my. Sy was soos ’n ma vir my en het my baie geleer.  Kobie is vir my baie spesiaal en ek sien haar nog gereeld.

-Diane

Wat is Mev Mtzanzi 2017 se visie?

Ek het twee, een is om die skooltjie klaar te kry en vir daardie kinders die beste moontlik te gee.  Ek glo dat met die Here se genade, ek dit sal kan bereik.  My tweede visie is om my man en my kinders gelukkig te sien, en die pad saam met hulle, saam met die Here te stap.

-Diane

Watter raad het Diane vir ander aspirant rolmodelle?

Jou motief moet reg wees.  Jy skryf in om te wen, maar waarom wil jy wen? Wat wil jy doen daarmee?

-Diane

Wat is ’n goeie dag vir Diane?

Elke dag wat ek iemand kan help is vir my ‘n goeie dag.  Dit mag wees om vir iemand ’n stukkie brood te gee, of ’n goeie woord, maar dit maak my dag ’n goeie, stunning dag.

-Diane

Wat is Diane se droomwerk?

Wel, ek moet geld verdien.  Skoonheidsterapeut, want dit sal my die geleentheid gee om vrouens met ’n slegte selfbeeld van buite en binne op te bou.  Wat jy binne voel straal outomaties na buite uit.  As ek kan help om hulle selfs net ’n bietjie van buite te laat beter voel sal hulle van binne ook kan goed voel.

-Diane

Wat volgende – wanneer sy haar sash bêre en haar kroon afgee?

Ek gaan aanhou met my werk.  Dalk workshops aanbied, maar ek gaan aanhou poog om mense se lewens te verander.  My misie is nogsteeds om die klaskamers te bou en ek sal dit nogsteeds doen, al het ek nie meer ’n kroon en ’n titel nie.  Want weet jy wat, jy het nie ’n kroon en ’n titel nodig om dinge te doen nie.  En ek glo dat dit is wat Hy vir my gesê het om te doen.

-Diane

Op Diane bucket list is ’n boek, eintlik twee.  Een wil sy graag deel met ander titelhouers om te vertel hoe dit hulle lewens verander het en hoe hulle ander mense daardeur kon bereik en verryk.  Dalk kan hulle daardeur ander voornemende rolmodelle en die publiek ’n beter uitkyk gee.  Sy wil ook graag die storie van haar eie lewe, wat maar met draaie gekom het, met lesers deel.

Maak nie saak wat met jou gebeur nie, niks is ontmoontlik nie, jy kan kom waar jy in jou lewe wil wees.

-Diane

’n Rolmodel is net ’n gewone mens wie bereid is om ongewone dinge te waag en te doen,  buite haar boks te beweeg en ander se belange op die hart dra.  Haar lewe is nie noodwendig maanskyn en rose nie, net soos elkeen van ons.  Wat haar anders maak is haar bereidwilligheid om dit te gebruik om ander te help.

dianenl1@gmail.com

Facebook: Mrs Mtzantzi Africa

Instagram: Mrs Mtzanzi Africa 2017

Advertisements
About AnnetteH (10 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: