Advertisements
Don't miss out...

Pendel- plekgebonde digkuns

Source: Skyflux

 

Die lewe is om geleef te word en amper oral vind ek inspirasie om kommentaar te lewer of ’n gedagte vas te vang. Die gedagte met my ‘plekgebonde’ digkuns is nie net om my gewaarwordinge oor ’n ligging op ’n sekere tyd te deel nie, maar ook om die leser saam met my op reis te neem.

Die eerste foto is geneem op ’n veerboot op Loch Ness. Die toergids het gedink dis oulik om ’n plakker wat soos ‘Nessie’ lyk op die ruite te plak sodat mense tog wel kans sou kry om die monster te fotografeer.

Die tweede foto is geneem tydens ’n besoek aan die Tower of London. Neffens die White Tower, as ek reg onthou, is daar ’n glas gedenkbeeld ter nagedagtenis van Anne Boleyn, die berugte tweede vroue van Henry VIII wat ook soos meeste van sy ander vroue aan ’n minder gelukkige einde gekom het.

Die derde foto is geneem by ’n graf in ’n begraafplaas in Mosselbaai. Dalk nie die mees gewilde plek tydens ’n somervakansie nie, maar nie te min, ek is mal oor ou geboue en strukture.

Die vierde en laaste foto is geneem in die Jane Austen-sentrum in Bath. Die skrywer het op ’n tyd blykbaar in daardie einste woonstel gebly en geskryf. Ek’t eintlik net ingegaan om van die koue te ontsnap en kon toe ’n ‘interessante’ akademies literêre bekgeveg tussen aanhangers van Austin en dié van die Brontë susters, beleef. Laasgenoemde was vererg oor die sprokieswêreld wat Austin geskep het terwyl Charlotte, Emily en Anne die harde werklikheid kaalvuis beskryf het. Eish, gepraat van smartvrate…

Geniet die digkuns op ’n drafstap. Hopelik slaan ek gou weer nog ’n klompie aan mekaar.

Advertisements
About maanvrou (4 Articles)
Maanvrou is al meer as drie dekades lank met die maan gepla en poog dan om die slapeloosheid met die pen te beveg.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: