Advertisements
Don't miss out...

Dr Judey wil jou vel fix!

Source: Shutterstock

Vel, gesonde vel, is haar passie. Dr Judey Pretorius wy haar loopbaan daaraan om produkte op die mark te sit vir elke ouderdom, geslag en tipe vel.

Ons verstaan vel… For the human species, of all genders, ages and all races.

Haar brand, Biomedical Emporium het weggestap met die 2017 Marie Claire Prix d’excellence toekenning vir die beste SA produk. Ek het by Dr Judey se kamers in Panorama gaan inloer om meer te hoor van hierdie dinamiese vrou en haar produkte wat ’n duidelike merk op die skoonheidsbedryf gelaat het.

Wat doen sy nou eintlik en watter produkte verskaf sy alles? 

C-KfNAvXkAAIgZv

Source: Twitter.

Met haar sterk agtergrond in biochemie, pharmaseutiese chemie en genetika, kan sy beskryf word as  ’n Biomediese Wetenskaplike. Dr Judey is voortdurend aan die werk om voor te bly, om nuwe en verbeterde produkte bekend te stel wat aan die demand daar buite voldoen.

Onder die Emporium sambreel bestaan die produkte uit veel meer as die cosmeceutical komponent (Dis nou basies produkte wat met selletjies en molekules werk om jou vel van binne af gesond en mooi te maak). Wondsorg, opleiding, geneesmiddels… Biomedical Emporium se kundigheid is net so indrukwekkend soos Dr Judey se eie. In die lab waar  produkte ontwerp en vervaardig word, word daar vel gekweek vir brandwond pasiënte.

img_1334-1.jpg

Dr Judey Pretorius. Source: Biomedical Emporium.

Wie toets die produkte?

Wanneer ek by haar aankom kan ek sien sy is fyn van figuur en mooi. Ek kom vinnig agter sy is baie slim, en haar pas is vinnig. So ook is die pas van haar span- ek ontmoet ’n klein aksie belaaide groepie mense in haar kantoor. Daar is nie tyd vir net gesels nie, daar word gemultitask.

Ons gesels so tussendeur ’n eksperiment met ’n vitmamien cocktail mengsel. Hulle is besig om dit binneaars vir haar toe te dien om optimale sistemiese absorbsie te verseker: so werk dit vinnig en is sommer dadelik goed vir al jou organe.

Met al die vitamiene b’s, sulphate, magnesium en sink weet Dr Judey dat sy goed gaan voel. Sy is gereeld haar eie proefkonyn en vandag wil sy eksperimenteer met die invloed van die cocktail mix op haar vel, altyd haar fokus area. Dr Judey wil dit self ervaar voordat sy daaroor praat.

No testing on animals here. Ons toets op mense, en ek begin gewoonlik met my ma.

Sy sit doodrustig terwyl twee rondtes van die vitamien cocktail  toegedien word.  Sy spot dat hier nie drugs gedoen word nie, maar vitamiene. Die doel van vandag se eksperiment is om te probeer om ’n balans te vind tussen ’n produk wat topikaal aangewend word en hierdie cocktail gevul met “the good stuff.”  Die mix word dan ook in die serums, rome en ander produkte gevoeg.

Wat van die ander behandelinge wat sy vir mense gee na sy dit getoets het, is dit seer? 

Daar is ’n oeroue gesegde – “no pain no gain” of “beauty knows no pain”. Daar is verseker ’n mate van gevoel betrokke by ’n stetiese prosedure soos ’n biochemical peel, in vergelyking met byvoorbeeld ’n ontspannende spa behandeling. Die verskil is egter dat jy baie meer medisenale, biologiese byvoordele ervaar.

You are going to feel something and it’s not necessarily going to be something relaxing.

Waar fix sy orals velle? 

Dr Judey  is oorspronklik van Pretoria, maar hierdie jet setter is ewe tuis in die Kaap. Sy reis gereeld tussen die provinsies en sê dat hulle besigheid nie address based is nie. Hulle gaan daar waar mense is en as jy ’n vel het kwalifiseer jy. Sy geniet die diversiteit van al die geografiese adresse en die resultate wat sy kry. Die dankbaarheid van mense is iets waarvoor sy nooit sal moeg raak nie.

Hoe maak sy om haar eie vel (en die res van haarself) op te pas? 

Dr Judey volg ’n gedissiplineerde velsorg roetine en gaan slaap nooit met grimering aan nie. Sy doen een ker per maand ’n biomedical peel, reinig twee ker per dag, wend altyd ’n kollageen en retinol serum aan. Sy lê ook klem op sonskerm, iets waarvan meeste van ons eintlik deeglik bewus is (al ignoreer ons dit van tyd tot tyd).

Sy hou van oefen, maar kry maar min tyd daarvoor. Verseker ’n besige dame. Hoe hou sy balans? Dr Judey glo daaraan om net te go, haar werk is nie vir haar ’n straf nie, daarom kan sy maklik die bulk van haar 24 uur dag gebruik om te werk. Sy erken dat sy glad nie van administratiewe werk hou nie, maar haar getroue praktykbestuurder, Leatitia, hanteer dit baie goed. Sy beskou dit as ’n voorreg dat sy op ’n jong ouderdom haar passie ondek het, haar entosiasme vir haar werk kom dus spontaan.

Hoe gee sy terug vir die gemeenskap? 

Sy bereik kinders met haar “Soap for Africa” projek en genees sodoende die velletjies van kinders wat andersins ongeholpe sou gebly het. Hierdie projek is gebore uit die behandeling van kinders in Du Noon met velgroeisel. Sy het die seep ontwerp en binne vier dae van gebruik daadwerklike verbetering gesien.

Velsorg vir ALMAL?

Die Biomedical Emporium produkte is effens duurder, maar nie buite bereik van die massa nie. Dit voldoen aan ISO standaarde en is NAPPI code geregistreer. Meeste mediese fondse betaal tussen 60% en 80%. Die produkte is cosmeceutical en elke vel kan ge-akkomodeer word. Daar is ’n produk vir almal, elke veltipe en kondisie.

C-FUSEBXYAETMku

Source: Biomedical Emporium.

Dr Judey vind dat mans deesdae beter na hul vel kyk as tevore as gevolg daarvan dat daar baie meer bewusmaking is. Die vel is ’n baie dinamiese, sigbare orgaan, baie meer kompleks as wat ons besef. Dit is vir my duidelik dat meeste van ons eintlik ’n gaping in ons velsorgroetine het. Balans in terme van PH is iets waaraan ons selde dink.

Is velskade omkeerbaar?

Dit is, met ’n kombinasie van profesionele behandelings, en nie noodwendig chirurgies van aard nie. Jy kan groot issues uitsorteer met die applikasie van produkte. Blootstelling aan die regte molekules. Daardie skade kan heeltemal weggeneem word. Dit is ’n proses, ons moet soms effens push, but we get the job done. Daar is nie shortcuts nie. Die kliënt se vordering word gemonitor, ons kyk na ’n ordendelike skin health scenario, dan is drie maande ’n realistiese verwagting.

Het JY ‘n gesonde vel? Kom vind uit!

Gesonde velsorg beteken niks is vekeerd nie. Elke nuwe kliënt ontvang ’n biomediese vel analise en dit sluit ’n ligte behandeling in. Tydens hierdie analise kan sy ’n  deeglike evaluasie doen om ’n behandelingsplan voor te stel. Dr Judey  doen verskeie professionele behandelings en sal graag mense te siene wil kry om vel evaluasies te doen.

So hier is ’n lekker treat vir ons lesers – Dr Judey bied vir julle die eerste konsultasie en vel analise gratis aan!  Kontak gerus en noem net die blog se naam.

Vir navrae of besprekings besoek www.biomedicalemporium.com skakel hulle in Pretoria by 012 809 2856 of Kaapstad 082 23 45 280 (Die legendary Leatitia, van wie ons nou-nou gepraat het, sal jou help).

Advertisements
About AnnetteH (14 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

1 Comment on Dr Judey wil jou vel fix!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: