Advertisements
Don't miss out...

Net so by the way… Dis Heidi… Jy kan maar haar naam onthou…

 

Sy’s jonk, en nog redelik nuut op die Suid-Afrikaanse musiek scene, maar haar rasperstem vang al die heimwee van country musiek vas asof sy dit al jare lank doen. Kenny Rogers, eat your heart out!

Heidi is ’n plattelandse meisie van Zastron af wat groot stad (dis nou Bloemfontein) toe getrek het om te gaan skool loop. As sy nie ’n tweeling boetie gehad het nie, sou jy dalk dink sy’s die melkman se kind, want nie haar ouers of haar sibbe is enigsins musikaal nie. (Haar oupa het darm ’n “houseband” gehad, laat sy my verstaan)

Heidi het in 2015 aangesluit by Maroela Musiek om sang haar loopbaan te maak, maar van kleins af het sy al geweet musiek is haar voorland.

Ek droom al van ’n baie jong ouderdom om professioneel te sing. Ek onthou as kind het ek altyd trane in my oë gekry as ek groot shows van mense kyk. Want ek wil ook daar bo staan… My boeties het altyd gemoan hoe ek hulle irreteer want ek loop net heeldag rond en sing en ek moet sê vandag ondersteun die twee my so baie!

-Heidi

Heidi het ook ’n man wat haar deur dik en dun ondersteen. Hulle is nou so agt maande al meneer en mevrou.

Ons het ’n langafstand verhouding so dinge kan soms nogals moeilik raak met my wat so baie toer maar moet sê ekt ’n man wat ALTYD sal plan maak om by sy vrou uit te kom en om my groot shows by te woon. Hy gee my ook regtig die kans om al my drome te jaag en ondersteun my in alles wat ek doen.

-Heidi

Haar debuutalbum is meer Afrikaans as country, maar die styl komplimenteer steeds haar stem. Wat ’n Hart Laat Lag, sal vanaf 21 April 2017 op iTunes en Apple Music beskikbaar wees, en die eerste week in Mei op die winkelrakke.

Na die afgelope jaar en ’n half se harde werk aan die album is ek regtig opgewonde om hierdie produk met die mense daar buite te deel en ek hoop regtig dat my musiek iets sal wees wat hulle harte sal laat lag 🙂

-Heidi

Sy skiet ook binnekort die musiekvideo vir die titelsnit. Indien jy nuuskierig is oor hoe dit klink, kan jy Wat ’n Hart Laat Lag solank op Sound Cloud gaan uitcheck.

As jy na die dieper betekenis kyk van die lied sal jy besef dat een van die belangrikste dinge in die lewe is om gelukkig te wees met jouself (‘wat ‘n hart laat lag is nie net woorde nie, dis die glimlag tussen jou hart en siel’) en as jy gelukkig is met jouself kan jy die mense na aan jou liefhê op die regte manier. En mens hoef nie altyd te sê ‘Ek is lief vir jou’ nie. Die manier hoe jy dit wys beteken soveel meer.

-Heidi

Heidi het eers redelik onlangs die media se aandag begin trek, maar sy is al lank aan die werk met haar musiek. Vir ander jong kunstenaars en musiekante wat die moeilike pad stap om naam te probeer maak het sy ’n bietjie advies:

Om die beste JY te wees, want niemand anders kan wees soos JY nie. Moet jouself NOOIT vergelyk met die mense daar buite nie – en glo in jouself, in jou drome en in GOD. Bid gereeld en gryp al die kanse aan wat vir jou gegee word!

-Heidi

In Julie toer Heidi saam Die Ventertjies (ook verteenwoordig deur Maroela Media) Namibië toe, en sy sal ook ’n draai in die Kaap maak vir ’n paar opvoerings ’n bietjie later in 2017.  So gepraat van “oorsee” gaan, is daar ’n kans dat sy ooit sal probeer country sing in Amerika?

Sjoe nee, ek het nog nooit daaraan gedink nie. Mens weet nooit wat die toekoms vir jou inhou nie. Ek kan maar net hoop en bid vir die beste en dat my musiek eers goed sal doen in SA. Ek moet bysê dat ek daarvan sal hou om oorsee te toer in die toekoms!

-Heidi

Hou haar facebook blad dop vir meer details oor vertonings. Sy’s ook op instagram indien jy wil kyk of sy op haar gewone foto’s actually so mooi is soos die album cover, en op twitter as jy besef sy is, en haar meer aktief wil gaan stalk.

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

1 Comment on Net so by the way… Dis Heidi… Jy kan maar haar naam onthou…

  1. Stunning stem, mooi gesig. Ek gaan dadelik kyk wat van haar ek nog kan kry.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: