Advertisements
Don't miss out...

Lot se vrou in ’n rooi rok en hoë hakke

Prent: Pinterest
4cf2ec6ea19a5ee52f57bda59d5e6ffc

Prent: Pinterest

Sy gaan staan stil voor die laaste stel trappe wat tot by haar woonstel lei.  Buk af en trek haar hoë hakke uit, hardloop dan die tien of veertien trappies op tot voor haar deur.  Die dowwe stoepligte laat lyk die prentjie soos iets wat dateer uit die 1920s.  Sy lyk misterieus mooi, belangrik en ’n bietjie onbelangrik.  Sy lyk alleen.

Die grouery in haar handsak vat etlike minute en dit blyk ’n soektog te wees na haar voordeursleutel.  Die paar skoene word lomp, amper moedeloos neer gegooi.  Sy kantel na eenkant toe.  Haar handsak weeg skielik ’n ton en die bandjie van haar bloedrooi rok skuif liggies af oor haar skouer. Ontbloot dan ’n fyn, maer skouertjie.  Maerder as wat mens sou verwag, selfs al sit haar rooi rok soos ’n vel aan haar.

Meteens is dit ’n donker ruimte wat haar inwag.  Sy stap gemaklik binne.  Sy lyk koninklik.  Regop. Die ligte in die gang gaan een vir een aan soos sy haar pad deur die huis voortsit. ’n Kat skuur teen haar been.  Duur skilderye hang aan haar mure.  ’n Glas rooiwyn verskyn in haar hand.  Dit lyk soos ’n belofte.   Sy teug tydsaam daaraan en sluip deur haar huis.  Sy gaan staan ’n rukkie voor een van die skilderye.   Boor met haar een groot toon in ’n wollerige mat in.  Haar kop is effe skuins gedraai.  In gedagte.  ’n Oomblik lank, in doodse stilte staar sy.  Roerloos.

Lot se vrou, dink ek.  Jy het reeds om gekyk, besef ek.  So versteen is sy.

Ek soek haar asemhaling.

Die prentjie wat ek aanskou grou in my gemoed rond.  Dié rooirokvrou wat stil raak voor ’n kunswerk.  Dalk haar eie, dalk uit die kwas van ’n vriend of vriendin, dalk ’n geskenk uit ’n verre land. Dalk ’n herinnering.  Moontlik ’n erfstuk.  Maar dat sy so verwese en alleen en mooi vanaand vir die ding staan en staar, roer my.

As sy omdraai het haar glas rooiwyn verdwyn en is daar ’n sigbare nat spoor oor haar gesig.  Van ver af lyk dit soos klein diamantjies.  Of blinkers op haar fyn gelaat.  Soos ’n magtige verdwyn haar trane en sy saai verwoesting.  Giftig.  Kwaad.  Ek sien hoe sy die leë flaas stukkend gooi teen die mooi en duur skildery.  Sy ruk dan die skildery met eens af en gooi dit teen die oorkantste muur stukkend.  Die kuns bars in stukkies haar hele huis vol.  Dit is amper mooi.  Dit word ’n muse vir my.

Ek verbeel my ek hoor die lawaai.  Ek hoor haar skree en snik en vloek.  Ek kyk en sien haar hart op haar mou.  ’n Klein rooi vlekkie op haar arm waar ‘n glasstuk haar minute terug gesny het.  Die rooivlek word dadelik meer en groter.  Haar hart bloei

Ek voel soos ’n verslaafde.  Staar en staar  na die stillewe voor my.  (Skielik ’n Lot se Vrou van my eie aard)

Die kalmte kom amper dadelik. Die diamante is nou ook ’n mengsel van kristallesweet en spoeg.

Sy trek die vel uit en los haar rok in die gang soos ’n dooie.  ’n bloedkol wat sekondes terug gekleef het aan haar soos haar woede.  Nou staan ’n naak wese in die gang.  Haar asemhaling is nog deurmekaar, onreëlmatig.  Haar hart ’n lang streep af teen haar bo-arm.  Sy druk met haar hande aan weerskante van die gang se mure.  Asof sy die huis en haarself regop hou.  Dan laat hang sy haar kop.

Ek sug.

Haar lang hare dien as ’n kledingstuk  oor haar borste tot by haar naaltjie.  Waar ek nou kan sien sy eindelik normaal asemhaal.  Vryer as vroër.  Sy gaan sit op die plek.  Bene opgetrek teen haar borskas.  Haar oë toe.

Bid, dink ek.

My are is vol bewondering vir Lot se vrou.  Iemand wat kan bars en breek en beter wees.  Los wees en oop wees en kaal wees.  Ek gaan gooi ’n koppie stukkend.  Ek trek al my klere uit en sit in die donkerte en dink.

Die huis het stilweg weer ’n donkergat geword en die gordyne was weer dig toegetrek.

Voor die deur; ’n paar hoë hakskoene.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: