Advertisements
Don't miss out...

Wie is die man agter Rymklets Republiek?

Arthur Price is baie mysterious. Dis hoekom daar nie ’n foto van hom hier gewys word nie, eerder net die logo waarvoor hy onder kunstenaars en musiekliefhebbers geken word. Van 8 tot 5 werk Arthur in die (soort van) respectable wêreld van finansies, maar sodra die son sak moonlight hy as ’n hip-hop blogger. ‘n Afrikaanse hip-hop blogger.

Sy blog, Rymklets Republiek, wat aanvanklik begin het as ’n hobby, is nou al in sy vierde bestaansjaar.  Die blog gee Suid-Afrikaanse hip-hop kunstenaars ’n platform om hulle nuwe musiek gepubliseer te kry, en aanhangers ’n plek om dit te gaan haal.

Rymklets Republiek is begin om te verseker dat Afrikaanse hip-hop as ’n genre sy eie huisie op die internet vind. Hier kan alle kunstenaars van amateur tot professioneel musiek laat oplaai vir die publiek om toegang te hê daarnatoe. Die idée is om alle aanhangers van die genre ’n one-stop-shop te gee waar hulle kan rond krap en klein stukkies magic in die vorm van hip-hop kan vind…  Die RAPPERbliek is hoe ek aktief my bydrae lewer tot die ontwikkeling van die kuns en bewaring van die kultuur. Dis ook my bydrae tot bedryfsontwikkeling op grondvlak.

-Arthur

Fêncy Afrikaanse taalpuriste (daai soort wat die ateljee bel om vir Amore op RSG te korrigeer oor alles wat die arme vrou sê!) sal argumenteer dat die woord waarna Arthur eintlik soek, om die musiekstyl wat sy handelsmerk verteenwoordig te beskryf, “kletsrym” is. Maar Arthur het ’n lekker oopkophouding oor hoe woorde en taal ontwikkel.

Alles, dit is in die naam… ek voel dat dit meer “rym” as “klets” is, die woord “rymklets”. Ek aanvaar geen krediet vir die skepping of die breedvoerige gebruik van die woord nie. Dit is self deur die mense besluit. In ’n Republiek swaai die mense en hulle aangestelde verteenwoordigers die swaard. Vir my is die kunstenaars die aangesteldes en die publiek die besoekers. (Hopelik verklaar dit my motivering vir die naam.)

-Arthur

Arthur is ’n private en beskeie mens. As jy reeeerig wil sien hoe hy lyk kan jy hom gaan stalk op sy twitter, waar hy ander se tweets lees, maar nie self vreeslik iets sê nie. Hy beskryf homself as man, pa, student, en in sy eie woorde, “serial college dropout”.   “Dropout” is meer vir  entrepreneurial street cred as enige iets anders, die ou is tans besig met ’n MBA en het reeds sy PGDip BMA (Cum Laude) by USB, en sy ADM by UWC gekry. Met al die besigheidsgrade, sal jy dink Rymklets is dan ‘n booming full time e-business. Arthur laat my mooi verstaan dit is nie.  Wel, nog nie.

Dit is at best ’n baie expensive hobby – wat ek glad nie regret nie. Vir die toekoms is dit definitief op die kaarte. Die infrastruktuur is gebou en ons gaan in die nabye toekoms kunstenaars begin betrek om hul musiek as te koop beskikbaar te stel. Weereens – hier sal die idée wees om die minimum van die kontant te behou en dan die oorgrotere meerderheid van kontant aan kunstenaars deur te gee. Hopelik is daar een of twee wat van die kontant kan belê om hul kuns te verbeter.

-Arthur

Daar kom die finance guy nou deur!  Terwyl hy besig is om Rymklets as ’n sideline te bou, gebruik Arthur tog die besigheids-savvy uit sy werkservaring, en boekekennis uit sy baie grade. Daar daag gewoonlik per maand so tussen 1500-3000 besoekers by Rymklets op, met ’n groeinde gemiddeld van om en by 2000, sonder dat Arthur hulle te veel jaag.  Hoe kry ’n deeltydse blogger dit reg?

Ek het ’n baie sterk focus op sleutelwoorde en search engine optimization. Die idée is dat meeste van die besoekers die website generies bereik en besoeke nie te afhangend is vanaf social media nie. Met meer as 70% van die besoekers wat direk of via search engines arriveer is ek tevrede met die strategie. Die uitbreiding is hoofsaaklik op die area waarin die kunstenaar bly. So ek probeer kunstenaars kry wat uit verskillende streke kom en verskillende klanke en benaderings tot hip-hop het, en dan sodoende die wydste net te gooi in die baie narrow niche.

-Arthur

Arthur ken sy mark en hy gee die produk wat in aanvraag is. Die blog bied primêr aan besoekers musiek, so daar is nie vreeslik baie skrywery op Rymklets nie. Hy is alhoewel oop daarvoor om die inhoud wat hy verskaf te probeer uitbrei.

Daar is ’n sterk focus op musiek. Daar is nie juis ’n baie aktiewe blog waar daar geskryf word nie, want die ou wat musiek soek,  soek musiek. Dalk is daar ’n toekomstige area vir groei met die meer in diepte luisteraar rondom die lirieke en kunstenaar profiles. Dit bied ook ’n goeie geleentheid om existing content te refresh en via ’n ander strategie te bemark.

-Arthur

Rymklets al ’n hele paar deure vir nuwe kuunstenaars oopgemaak.  Saammet Kyknet en Son is die REP JOU PLEK kompetisie aangebied.

Daar was twee wenners (Wes Kaap & Oos-Kaap) en die pryswaarde was omtrent R50,000 per wenner. Daar was ’n professionele studio setup vir jou huis en ’n professionele musiek video wat geskiet was as eerste prys, en dan baie respectable tweede en derde pryse. Ongelukkig het een van die wenners besluit hulle is nou Engels, maar dus ook cool, want ons het nogsteeds die prys deliver en in lyn met ons visie het hy gegroei as ’n musikant.

-Arthur

Check  die wenvideos hieronder: 

Vir Arthur, het die blog ’n bietjie krediet in die akademiese wêreld gekry, met die publikasie van ’n artiekel wat hy geskryf het oor kompleksiteit en hoe kunstenaars, blogs en social media kan leverage om die waarskynlikheid van “sale” te verhoog. Dit was aangebied by die International Entrepreneurship Forum toe hy ’n UWC student was, en dit is gepubliseer in die Journal for Entrepreneurship Innovation in Emerging Economies.

As jy iemand is, of ken, met drome om dit groot te maak as ’n Afrikaanse hip-hop kunstenaar, maak seker jy vind vir Arthur by een van sy internet hangouts…

Facebook: www.fb.com/rymklets

Twitter: www.twitter.com/rymklets

Instagram: www.instagram.com/rymklets

 

 

 

 

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

1 Trackback / Pingback

  1. » BROEDERBOND LEI ‘N NUWE ERA VIR AFRIKAANS RYMKLETS IN – FRAZER BARRY

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: