Advertisements
Don't miss out...

Random vrae vir Dewald Wasserfall…

Foto: Pinterest (Op 'n greiplose dag geneem)
Dewald Wasserfall was met griep (die regte soort, nie die wingerd soort nie) in die bed toe ons hom nader vir ’n onderhoud,  en al kon hy nie op daai stadium verskriklik sing nie, het hy soet sy Strepsils gedrink en steeds die tyd gemaak om elke liewe random vraag wat ons vir hom gegooi het geduldig te beantwoord… Jy’s ’n yster Dewald!
85216903302738318ca6efab21469896

Foto: Pinterest (op heeltemal ‘n ander grieplose dag geneem)

Wat was die heel eerste liedjie wat jy self geskryf het? Hoe oud was jy
Ek moes seker omtrent 12 gewees het. Ek kan glad nie die liedjie onthou nie, en (dankie tog) is daar geen publieke rekord daarvan nie 🙂 Ek dink nie dit was baie goed nie
As jy nie kon musiek maak vir ’n lewe nie, wat sou jy doen
Ek sou ’n reisagent gewees het. Dis my grootste passie na musiek.
Het jy raad vir nuwe kunstenaars wat probeer om die mark te kraak
Wees oorspronklik en werk hard. Sing jou eie liedjies. Daar is geen kortpad na sukses nie. Kompetisies soos Idols en The Voice bied ’n uitstekende platform, maar dit hang van jou af of mense jou nog gaan onthou wanneer die nuwe wenner bekroon word.
Kan jy nog jou hoërskool se skoollied onthou
Jip. Ek onthou die lied bevat gereeld die woord “Albaster”. Jy was veilig solank jy net elke nou en dan “Albaster” uitbasuin. Ek was in ’n tweetalige skool, so ons moes elke dag die skoollied 2 keer sing!
(Die oorspronklike plan was om hom hier te bribe om dit te sing… Maar aangeisien hy siek is kon hy ’n rendisie van die albasterlied vryspring)
Hoe het jy jou beter helfde ontmoet
Ons het albei by die openingsaand van ’n restaurant gewerk. Ek het moed bymekaargeskraap en my selnommer op ’n stukkie papier vir haar gegee. Ons het vriende geword en eers maande daarna begin uitgaan.
 
Jou webtuiste  jy is ’n aaklige gholfspeler Wat is jou voorgee? Is jy lief vir gholf?
Ek het in Oktober van 2016 begin Gholf speel, en my voorgee is 29. Ek geniet dit vreeslik baie, al voel dit of ek daagliks verswak.
Dewald se nuutste album Jy is die Storm is op die oomblik besig om al die kompetisie weg te waai en nat te reën. Swak grappies op ’n stokkie, luister na die titelsnit en maak jou eie mind op.
Behalwe vir dié groot treffer wat verlede jaar in Augustus vrygestel is, is Dewald ook besig om stuk-stuk musiekvideos vir die res van die album vry te stel. Die nuutste een is Laat die lig inkom, ’n liedjie oor hoop en positiwiteit… Dalk net wat ’n land op die rommelhoop nou nodig het.
Dewald gaan in Mei ’n optrede in Dubai doen, maar as plaaslike shows  bietjie nader aan jou budget val, hou sy webtuiste dop.  Hy sal ook by Afrikaans is Groot en Inniebos wees.
Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: