Advertisements
Don't miss out...

Toeval? Nope.

Foto: kknk

maxresdefault-3

Ek glo nie aan toeval nie. Ek glo elke mens is presies waar hy moet wees en saam met wie hy moet wees op enige gegewe oomblik in tyd. Ek glo ook nie dat jy iemand toevallig ontmoet nie, of dat jy toevallig by ʼn plek is nie. Elke plek waar jy jou bevind is waar jy op daardie oomblik bedoel is om te wees. Elke persoon waarmee jy in die lewe te doen kry is op jou pad geplaas vir ʼn rede.

Sommige mense kom in jou lewe in en jy weet sommer dadelik dat jy met hierdie persoon ʼn verhoudingspad gaan stap… hetsy as vriend, kollega, kennis, hartsmens… Sommige mense kom vlugtig in en gaan weer vlugtig uit, terwyl ander ʼn rukkie bly. Hoe dit ook al sy, elke liewe persoon wat jou pad kruis speel een of ander rol in jou lewe. Ek het al baie hieroor gedink, en dit fassineer my vreeslik. Ek verwonder my soms as ek dink aan al die mense wat ek al in my jong lewe ontmoet het en watter impak hulle op my lewe gehad het. Soos mens ook maar onvermydelik verander oor die jare, verander die mense met wie jy bande smee ook, glo ek.

Daar is ook mense in my lewe met ek so close was, eens op ʼn tyd, maar namate mens se paaie in verskillende rigtings beweeg verloor jy kontak en kan ek amper nie meer onthou hoe dit was om na aan daardie persoon te wees nie. Ander weer, verloor jy kontak mee en dan op ʼn dag tel mens daai ou bande weer op en dit voel of nie ʼn dag verby gegaan het vandat julle laas gesels het nie!

So ook is daar mense wat oor jou pad kom wat vir jou meer ʼn les is as enige iets anders. Mense wat vir jou wys en herinner watter soort mense jy nié in jou lewe nodig het nie. Ongelukkig moet jou paaie met hulle ook kruis sodat jy juis dit kan leer.

Dan is daar die mense wat bly. Vir altyd. Mense wat so ʼn groot impak op jou lewe maak dat, maak nie saak hoe julle albei verander en in watter omstandighede jy jouself bevind nie, daardie persoon sal altyd deel wees van jou lewe en jou hart. Ek is gelukkig genoeg om ʼn handjie vol van hulle te hê. Daai mense met wie jy miskien nie elke dag praat nie, maar as ek 2 uur in die oggend in die moeilikheid sou wees en ek sou hulle bel, sou hulle daar wees.

Maak nie saak watter van hierdie mense jy in jou dag teëkom nie, jy is bedoel om in hulle vas te loop. Dalk beteken hulle vir jou iets daai dag, dalk beteken jy vir hulle iets daai dag. My motto? Behandel almal met liefde, respek en deernis. Jy weet nie wat daai ou se storie is nie.

Advertisements
About cathy de lange (3 Articles)
Wife. Mommy. Lover of pretty earrings. Views (however crazy) are entirely my own.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: