Advertisements
Don't miss out...

’n Vinnige chat met Leah

Omtrent nog voor hulle vliegtuig behoorlik geland het in Suid-Afrika, was Leah alweer aan die sing. Tussen Afrikaans is Groot,  Bok Radio se 6de verjaarsdag vieringe, ‘n spot op Groot FM se Groot Boot en voorbereiding vir ‘n klomp KKNK optredes, kry die meisie omtrent nie gedraai nie. Gelukkig het sy nou net ’n lekker vakansie agter die rug, so sy is reg vir aksie! Ek kon vinnig met haar opvang om te hoor van haar, en haar man Hennie, se vakansie avonture in  Kanada en die VSA.

Is jy iemand wat lief is vir reis? Waar was jy al orals en wat was jou gunstelling plek om te besoek?

Ek het duidelik die afgelope ruk besef ek hou van reis! Daar was nog nie soveel geleenthede nie, maar ek en Hennie sal nou graag die wêreld wil sien. Ons was in Thailand op wittebrood, ek het gaan werk en sing vir bitter kort in Mauritius en Seychelles (so nie veel gesien nie) en ook by ’n fees gaan sing onlangs in België. Ek dink nie ek het ’n gunsteling sover nie, want elke plek is so anders en het sy eie unieke iets.

Vertel ons van julle adventures in Amerika en Kanada…

Dit was alles nogal oorweldigend, mens weet mos nie regtig wat om te verwag nie. Die ski in Kanada was heerlik, New York het SO baie om te doen en Grand Cayman was ’n paradys (ek sal daar wil gaan bly).

Wat was lekker?  

Die Kos, die besienswaardighede, alles! Dit was lekker om saam met my skoonsuster en haar man te kuier in Montreal en om twee van my beste vriendinne te sien in Cayman. Die beste was dat ek alles met Hennie kon deel.

Was enige iets vreemd of bietjie moeilik?

My rigting in New York was heeltemal af!

 Watter kosse het uitgestaan?

Kanada se ‘poutine.’  Dis warm chips met gravy en ’n tipe kaas… Comfort food! Ons het baie hotdogs in New York geëet 🙂

Sal jy dit ooit oorweeg om ’n loopbaan in Amerika te probeer?

Indien ek dit regtig nie meer kan maak in SA nie sal ek dit oorweeg, maar ek is nog baie gelukkig hier. Ek sal wel graag vir ’n Broadway musical wil oudisie.

Wat lê voor vir jou in 2017?

Baie optredes en nogmaals optredes 🙂 Dis immers wat ek die meeste geniet. Hopelik kan ek later van ’n verrassing of twee vertel.

Veer meer uitvis oor wat die verrassings kan wees, was daar nie tyd nie. Leah moes gaan ‘sing for  her supper.’ Indien jy graag vir Leah wil bespreek vir ’n optrede, kontak Corne of Tanya by info@coproductions.co.za. Sy is ook op Facebook @Leah SA,  en op Twitter en Instagram as @LeahMusiekSA.

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: