Advertisements
Don't miss out...

Hoekom doen Lynne Kruger-Haye kuns?

‘Artography.’ Lynne Kruger-Haye het vir ’n ruk gedink sy het die woord sommer uitgedink, maar toe sy dit google, vind sy uit dis ’n bestaande naam vir die kuns wat sy doen.  Dis die digitale samevoeging van foto’s en tekeninge om ’n boodskap uit te beeld. Versamelaars betaal duisende rande vir haar prente wat orals in Kaapstad se gallerye hang. Terselfdetyd, trek fotografiepuriste, van agter hulle kameralense, hulle neuse op vir haar. Maar sy voel vere vir hulle almal. Of jy van haar styl hou of nie, niks gaan Lynne Kruger-Haye van kuns doen afsit nie.

FE 043a - Contemplation_resized.jpg

Contemplation, deur Lynne-Kruger Haye

Lynne het nog altyd geweet sy is kunstig, maar eers as volwassene het sy besef sy is ’n kunstenaar met ’n boodskap om te deel.

Soos elke kind, begin jy die lewe met ’n mate van kreatiwiteit, ons almal het dit. En net soos meeste van ons, word jy maar vinnig geleer om binne die lyne  in te kleur en al die reëls te volg. Ten spyte, was ek maar so bietjie kunstig oor die jare, maar niks ernstig nie. Dit is maar onlangs dat ek besef het dat ek iets het om te sê, en ek nou deur fotografie, digitale kuns en woorde, dit hopelik sal kan laat hoor.

Na ’n kort kursus in fotografie, om min of meer te leer waar mens ’n kamera aan en af moet skakel, het Lynne met eksperimentasie en deur haar eie kreatiwiteit te vertrou, haar pad met foto’s begin vind. Vir haar het artography  vandag is groter funksie as net lekker prentjies maak.

FE 039 - Looking for Redemption_resized

Looking for Redemption, deur Lynne Kruger-Haye

…dit was maar eintlik soos ’n stille ontploffing hier binne. My man skud net sy kop en wonder partykeer of die kamera kopery so ’n goeie idee was! Dit was regtig die begin van hierdie journey, en die sin-maak van my lewe.

 Die sin-maak van haar lewe, en die boodskap wat sy wil oordra met haar werk, maak alles deel uit van die die rede hoekom Lynne kuns doen.

Ek wil mense om my inspireer. Ek wil hê dat mense na meer soek uit hul lewe uit, om nie tevrede te wil wees met normaal nie. Elke een van ons is unique en elke een het ’n storie om te vertel. I see you, and I want to tell your story.

Die ‘hoekom’ is ’n belangrike deel van Lynne se kunsfilosofie. Sy raai ander wat kuns wil doen aan om eers hulle eie ‘hoekom’ te bepaal, voordat hulle hul sukses probeer meet.

Weet net hoekom jy dit wil doen — voltyds of net hier en daar, dit maak nie saak nie. Die ‘hoekom’ is moerse belangrik. Dalk is dit net om te ontspan en saam met ander te werk, of dalk is dit iets waarna jy voltyds kyk, weet net hoekom! As die rede vir jou baie duidelik is, sal dit baie makliker wees om ’n pad te kies en te volg. Dit sal jou motiveer en dryf deur moelike tye, en jou inspireer deur die goeies.

Vir Lynne, wat nou ’n lewe maak uit haar artography, het die ‘hoekom’ haar gehelp om oor ’n groot strykelblok met haar kuns te kom.

Die eerste ding om hier te onthou is dat die roadblocks werklik bestaan, en vir my (en sekerlik baie, baie ander kunstenaars) is dit ’n grote om myself ernstig as kunstenaar te aanvaar! Ek moes besef, en aanvaar, dat niemand my ernstig sal beskou as kunstenaar as ek dit self nie doen nie! Een van my benoudste oomblikke was om my man (sekerlik omdat ek hom so veel respekteer as vennoot en soulmate) mooi te laat verstaan dat kunstenaar-wees is my job — dat om by my lesenaar te sit elke dag, is vir my soos om werk toe te gaan. Die selfvertroue…jong, dit is maar scary.

As mens elke dag kuns doen is daar nie altyd dryfkrag of inspirasie nie. Lynne het ’n resep waarmee sy kunsblok beveg.

Ek leef by die woorde van Chuck Close, ‘Inspiration is for amateurs, the rest of us just show up and get to work!’ Flippen powerful hierdie. As jy dit koppel met jou ‘hoekom’, dan is dit baie makliker, en baie meer powerful.

Roetine vir werk is uiters belangrik. Ek begin my dag met in my journal skryf. Ek raak stil en noem een ding waarvoor ek uiters dankbaar is, ek skryf neer wat ek vir vandag na uitsien, en dan skryf ek neer wat ek vandag gaan create. Dit gee my ’n beginpunt, amper soos ’n strategy for success. Die eindresultaat is nie die belangrikste ding hier nie, meer belangrik is dat ek create. Elke. Liewe. Dag.

Ek glo die success sal kom, en dit is maar verskillend vir elke een. (Onthou hier jou ‘hoekom’)

Deur haar kunstalent te voed, en haar ‘hoekom’ te respekteer, is Lynne daagliks besig om te ontwikkel as kunstenaar en as mens. Sy is tans besig om ’n boek te skryf oor die ontdekking en voeding van kreatiwiteit. Vir meer inligting, en om haar onlangse werk te sien, besoek haar  Lynne Kruger-Haye webtuiste.

20170114_123611

Lynne Kruger-Haye

 

 

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: