Advertisements
Don't miss out...

Corneil en Caroline sing van skooldae af saam…

Suid-Afrika het onlangs met nuwe oë na Caroline Brüssow, vrou van Springbokrugbyspeler Heinrich Brüssow, begin kyk. Of laat ons eerder sê met nuwe ore na haar begin luister. Caroline se klokhelder stem het almal laat regop sit toe sy op The Voice met haar weergawe van Celine Deon se liedjie, You loved me Back to life, vir haar ’n plek op team Bobby losgesing het.

Vir Corneil Müller, ken musiekliefhebbers en Vrystaat teatergehore ook teen vandag al goed. Al het albei van hulle ander professies (Corneil het ’n events maatskappy genaamd Dashing Jamborees, en Caroline is ’n prokureur) is musiek vir hulle ’n passie en iets wat hulle altwee voltyds sou wou doen indien moontlik.

Hulle stemme is gepas vir ’n groot verskeidenheid musiekstyle, maar die musiek wat albei die meeste geniet om te sing is liedjies uit musicals. Die twee vriende sing al van skooldae af saam —12 jaar om presies te wees.

Ek moet vir jou eerlik sê, ek het my droom partner gevind 12 jaar terug. Ek weet nie of ek ooit so saam met iemand anders as Caroline kan werk nie. Tyd is ’n baie kosbare ding, maar tyd is ook ’n bliksem, want dit bou ’n band wat nie sommer gebreek kan word nie. Op- en af van die verhoog.

-Corneil

In al die jare van saamwerk op die verhoog het die twee vriende baie stories om te deel. Die snaakste ding wat volgens Corneil al met hulle gebeur het op stage was naby aan die einde van ’n opvoering van Beauty and the Beast, by die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein.

In die laaste scene (die Transformation scene) het ek (die Beast) bo Gaston en ’n ‘fake Beast’ gehang, vasgemaak aan kabels.  Dit het gevoel soos DRIE verdiepings hoog. (Dit was wel die meeste spanning wat ek nog OOIT op ’n verhoog ervaar het!) Dit, terwyl die fight scene onder my aan die gang is. In ’n stadium dan gaan Beast dood en kom terug as ’n prins. Met dié sak ek toe af uit die dak en land perfek tot voor Belle se voete,  waarna ek dan vir haar sing. Ek het net te lande gekom toe begin die kabels my weer optrek, soveel so, dat Caroline my naderhand aan die voete beet gehad het. Gelukkig het die tegniese span vinnig ingespring en my weer laat sak.

–Corneil

Vir 2017 is daar groot avonture wat vir hulle voorlê. Corneil is op die pad Spanje toe, en Caroline gaan haar naam maak op The Voice. Indien Caroline se reis met The Voice, vir haar  ’n voltydse musiekloopbaan kan begin, sê sy sal sy die volle ondersteuning van haar man hê.

Daar is nog ’n pad wat gestap moet word met The Voice. As ek regtig goed doen met die program en ek kan my loopbaan musiek maak, dan sal dit wees dat ons sal terug trek vir dit. Maar dis ook nie dat ons  HOEF terug te trek nie, want ons is ses maande van die jaar hier, en ses maande in Japan. Intussen sal ons dit maak werk. Hy sal aanhou rugby speel, oorsee of tuis. Ek sal vir hom gaan kuier en terug kom om te kom sing, en ons sal dit maak werk dat ek my loopbaan kan volg en hy syne.

-Caroline

Caroline en Corneil beplan ’n musiektoer van die hele Suid-Afrika vir vroeg 2018, maar indien jy ’n Vrystater is, jy hoef nie tot dan te wag om hulle sang in lewende lywe te geniet nie. Caroline en Corneil tree 30 Maart op by die Aasvoëlklub in Bloemfontein.

unnamed

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: