Advertisements
Don't miss out...

Per ongeluk beland Wynand by sy droomwerk…

As Bokradio die E! channel was, was Wynand van Heerden verseker Giuliana Rancic… Hy dra nou nie lang aandrokke of het ‘n realiteitsreeks nie, maar  as jy sy radio show of sy Twitter profile dop hou, sal jy weet hy praat elke dag met famous mense, talle en talle famous mense!

This slideshow requires JavaScript.

As jy daagliks met die room van Afrikaanse vermaak gesels, moet jy jou storie ken. Nie net, is daar baie ore wat luister nie, maar jy kannie gaan staan en starstruck raak nie, jy moet jou pose hou. Die koel en kalm uitsaaistyl waarvoor Wynand bekend is, het nie oornag gekom nie. Hy was as kind bitterlik terugetrokke en skaam om geselsies te maak.

Ek was een van daai kinders wat daar eenkant was, en nooit rerig gemingle het met enige iemand nie. Vandag as ek by skoolreunies is en mense hoor wat ek doen, dan is hulle half soos, ‘Maar hoe is dit moontlik? Jy van alle mense, radio doen?’

Wynand het eintlik heel per ongeluk by radio betrokke geraak. Hy het destyds geluister na ‘n gospel stasie in Port Elizabeth, en hulle het ‘n buite-uitsending in die parkeerarea van die gebou gehad. Wynand is toe nuuskierig oor hoe ‘n ateljee binnekant lyk. Hy is opgevat en gaan wys. Opgewonde oor die fantastiese ateljee vol musiek, bied hy toe onmiddelik aan om te kom CDs regpak, net sodat hy daar kon werk. Maar, uitdruklik het die skaam siel dapper gesê – “Ek wil nie praat nie!”

Wynand moes toe praat, maar darm eers op die telefoon vir ‘n fondsinsameling. Daarna het hy vinnig beweeg na ‘n naweekbestuurderspos. Die R500 ekstra inkomste ‘n maand, was op daardie tyd in sy lewe “soos manna uit die hemel” en solank hy agter die skerms, en nie die mikrofoon kon wees, was hy gelukkig. Maar as iets vir jou bestem is, is dit onmoontlik om te ontsnap. En soos Moses, moes Wynand op ‘n dag maar sy mond oopmaak.

Presies ‘n maand na ek aangestel is as naweekbestuurder, was die vrou wat op ‘n Sondagoggend moes uitsaai nie daar nie, en hulle sê toe vir my, ‘Jy moet môre die show doen.’ En ek sê ‘Julle is seker mal, ek kan die CDs speel, maar ek kannie praat nie.’ En my eerste show was ‘n twee ure praise and worship show, wat ek hallo gesê het, twee ure musiek gespeel het, en koebaai gesê het.

Vandag gesels Wynand gemaklik met die who’s who van Afrikaanse kultuur en vermaak. Ek vra hom of hy al met een van sy helde gesels het. Ek verwag hy gaan iets sê soos Karen Zoid, of Francois van Coke.  Sy antwoord was ‘n lekker verrassing.

Ja! Carike Keuzenkamp! Dit was so awesome om met haar te praat… Ek sit en kyk vir hierdie tannie voor my en dink, ‘Jislaaikit, wow! Hoeveel beter kan dit raak?’ Ek onhou nog al haar kinderliedjies, en hier sit ek jare later voor haar, waar sy nog eintlik presies dieselfde lyk!

Met wie wil Wynand nog graag gesels? Hy sê in die vermaaklikheidswêreld kom daar kort-kort nuwe gesigte en stemme na vore waaroor mense gons, so dis moeilik om te sê, maar een van die mense met wie hy ‘n ateljee-onderhoud sal wil voer is die akteur Reynard Slabbert. Hulle het al oor die foon ‘n onderhoud gevoer en is goeie vriende, maar hulle mis mekaar heeltyd vir ‘n studio interview.

Wynand het as kind gedink hy wil ‘n veearts word. Hy voel alhoewel, dat as hy vandag ‘n ander werk moet doen, sal dit steeds in die mediabedryf wees. “Ek is mal daaroor om in die hartklop van die bedryf te wees.” Iewers tussen feeste besoek, teater kyk, of agter die skerms werk op TV en radio shows, sou Wynand vir homself ‘n werk uitkerf.

Hy vertel my die heel lekkerste deel van sy radiowerk is die musiek. Hy werk met die beste en nuutste musiek wat Afrikaans het om te bied. Musiek is ‘n ou liefde vir Wynand. Hy kannie note lees nie maar hy kan ‘n kitaar optel en bietjie speel, en weet nog altyd half instinktief hoe om musiek uit ‘n klavier te bring. “Ek is dalk met daai tiepe helmet gebore,” lag hy. Sy natuurlike gevoel vir wat werk op lug, en wat nie werk nie, maak hom ‘n aanwins vir enige radiostasie. Wynand het ‘n paar  internasionale kunstenaars, onder andere Dana Winner en BZN,  wiese bestuurders hom kontak vir sy opinie voor hulle liedjies vir die Afrikaanse mark vrystel.

In die Wes-Kaap, kan jy na Wynand luister op Bok Radio 98.9 FM. Vir ander dele van die land is hy te vinde op OVHD se audio kanale, of op  Bok Radio en Bok TV streaming.

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: