Advertisements
Don't miss out...

So rock ons locals!

11891128_1000206513362777_560188378357917182_n

Met soveel groot name, talentvolle kunstenaars, en musiekgeleenthede tot ons beskikking, is dit maklik vir ‘n goeie stem  om verlore te raak.  Vir my was Gert Zandberg een van die verlore stemme.  Eers was sy naam onbekend aan my.  Wat ‘n aangename  verrassing  toe ek die moeite ek doen om na hom te luister op YouTube.  Hy kom ernstig voor, ‘n diep sanger en is gemaklik met ‘n verskeidenheid van kunstenaars se werk. Hy geniet sy optredes net soveel soos sy gehoor en sal maklik twee tot drie ure langer sing as sy bespreekte tyd.  Die gehoor wil hom net nie laat gaan nie.

Ek wou graag meer weet van die sanger wie se stem my aan die bekende Theuns Jordaan laat dink.  So het ons  oor ‘n glasie rooiwyn en gesellige vuurtjie ‘n informele onderhoud gevoer.  Hy skuif gemaklik langs my in en gesels eerlik en maklik saam oor sy sang, optree en die musiekbedryf.

Hy sing al van laerskool af.  Die Oostelike Provinsiale Jeugkoor het die fondasie gevorm vir sy aktiewe sangloopbaan.  Op skool was hy baie sportief, maar het tyd gemaak vir kulturele aktiwiteite ook. Hy was in die skool se band en ook op hoërskool lid van die jeugkoor.  Gert tree gereeld op, soveel as wat hy kan, ten spyte van die feit dat hy ook ‘n voltydse werk het.   So sal hy maklik op ‘n Donderdagaand uit die Strand ry om iewers te gaan optree.  Sing en optree kom natuurlik vir die kunstenaar.  Hy raak nie eens meer senuweeagtig voor ‘n optrede nie.

My sang is my passie, ek sou graag net wou sing.

Hy het homself leer kitaar speel en probeer nou ook een of twee songs met ‘n bekfluitjie, wat hy ook homself op gehoor leer speel.   Dit is verseker indrukwekkend, veral aangesien niemand in Gert se familie musikaal is nie.

Ek dink dit gaan nogal cool klink.  Jy is so gewoond and die songs wat jy doen en goed doen, so hier en daar probeer ek iets anders.

Uit sy pen is daar twee Afrikaanse songs beduie hy baie beskeie:  “My Land”  en “Net vir jou.”   Ons hoop natuurlik daar is nog oppad.  Watter beter inspirasie is daar as om na mede-kunstenaars soos Theuns Jordaan en Desmond Wells, of sy idol – Elvis Presley, se musiek te luister?  Hy sing ook graag Elvis, alhoewel min deesdae.  Die eerste deuntjie wat hy geleer het was dan ook Elvis se “Trilogy.”

Daai ou het rock begin, hy is fenomenaal.

Op my vraag of hy in die stort sing, was sy antwoord ‘n effens onsekere – “jaaaaaaa.”    Toemaar Gert, ons sing maar almal in die stort, of ons nou kan of nie!

Ek wonder oor sy toekomsplanne wat ons by sy persoonlike (en natuurlik liefdes-) lewe bring, iets waaroor hy beskermend is.  Hy verkies om dit sover moontlik privaat te hou.  Dus hou hy die vroulike bewonderaars aan die raai.  Sy twee seuns,  11 en 14, is vir hom baie belangrik en hy wil hulle graag sien grootword.  Ons hoop dat hy in die proses singend sal bly!

Gert het self ook al aan Idols deelgeneem, vertel hy. Hy was deel van die reeks waar Heinz Winkler gewen het. Dus is hy ook bewus van hoe moeilik die bedryf is, alhoewel hy oortuig is dat  kunstenaars wel vandag nog ‘n bestaan uit musiek kan maak, veral as daar iemand is wat in jou glo.  Dit is moontlik om musiek, optredes en verantwoordelikhede te balanseer.   Hy stres nie regtig oor iets nie, prioritiseer eerder take en maak klaar waarmee hy besig is, hanteer elkeen op ‘n ander manier en skei elkeen van mekaar. Watse advies het Gert vir beginners?

Selfvertroue.  Glo in jouself en hou aan, maar as jy nie kan sing nie,moet nie.

Kontak Gert by gertzandberg71@gmail.com / @gertzandberg (Instagram) of  Gert Zandberg Sanger (facebook)

Advertisements
About AnnetteH (14 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: