Advertisements
Don't miss out...

Vir die cause en nie die glory

patricia

‘n Koffie date met ‘n vriendin, wie ook twee skooneheidstitels en ‘n arm vol aktiwiteite balanseer, is net wat ek in die middel van die week nodig het.  ‘n Ander, wyse vriendin, het een keer vir my gesê dat ek my energie en motivering tap van ander.  Sy was reg.  En wie beter as ons eie Mrs Queen of the Cape (2016), Patricia Smit, om my te voorsien van hierdie much needed upliftment en motivering?  Ek wou ook graag sommer net met haar gesels oor haar titel, wat dit vir haar beteken en wat sy daarmee doen.

Ek voel so effe ge-intimideerd deur die presence wat sy uitstraal.  Haar glimlag is opreg en vriendelik.  Sonder moeite slaag sy daarin om mense bewus te maak van haar,en skielik is ek baie bewus van my eenvoudige poniestert en selfverklaarde uniform wat bestaan uit ‘n t-hemp en op gedrade jeans.

Tipies in haar aard laat sy my gou vergeet van my insecurities.  Dit is maklik om te sien waarom sy in 2015 ook met die Mrs Queen of the Universe (2015 Johannesburg) titel weggestap het.  Vir Patricia gaan dit oor baie meer as die glamour van die titel, kroon en sash.  Daar is wérklike werk wat saam met die titel gaan.  Albei hierdie titels is “working titles”, iets wat sy baie ernstig opneem.

Sy is mooi, talentvol,dinamies en plat op die aarde .  Haar vol bord stuit haar nie om betrokke te raak waar daar ‘n behoefte is nie.   Dit is juis haar onbaatsugtigheid wat ons paaie laat kruis het en my ook aan die wêreld van skoonheidstitels en hulle rol in die sameweling.  Ek kyk nou met nuwe oë na skoonheidstitels, waarvoor hulle staan en die mense wie dit dra.

Patricia praat met trots oor haar projekte, iets wat haar baie na aan die hart lê.  Haar passie lê by kinders.  Sy help om ‘n kleuterskool te bestuur en is verantwoordelik vir al die administrasie by die skooltjie.  Snippie, in Brackenfell, is verseker gelukkig om haar aan boord te hê. By Holy Cross kinderhuis in Parowvallei is hierdie Mrs Queen of the Cape betrokke by sowat 100 wesies.  Daar sorg sy en haar span ondersteuners dat die kinders in hulle verjaarsdagmaand ‘n geskenkie kry.  Dan neem hulle ook vir al die kinders roomys, lekkers, chips ens.

Sodat almal daardie dag saam fees vier vir die verjaarsdag kids.

 Hierdie kinderhuis bestaan reeds sedert 1918.  Van die kinders daar mag wel vakansies huis toe gaan, maar daar is ook kinders wat weggeneem is van hulle ouerhuise.  Huidiglik huisves die huis 115 kinders tussen die ouderdomme van 2 en 18 jaar.

Wat doen sy nog met haar Mrs Queen of the Cape titel?

My liefdadigheidsorganisasie is Projek Bietjie Liefde.  My registrastrasievorms is reeds ingedien om dit as ‘n NPO te registreer.  Wag nou net op my nommer!

Haar groot projek vir 2017 is die Bietjie Liefde pageant wat 100% toegespits is aan liefdadigheid.  Daar gaan 5 organisasies ondersteun word en vir elkeen kontant en goedere ingesamel word.

My doel is om daardie dag R25 000 se kontant of goedere weg te gee.

But wait … there is more!  Daar is ook ‘n Special Needs pageant waarvan Patricia aan die stuur is.  Hierdie pageant gaan daaroor om almal te aanvaar en lief te hê.  Enige persoon met ‘n gestremdheid kan deelneem.

Elke persoon is pragtig en uniek.  Ons moet dit celebrate.

Sy glo dat modelle wat aan pageants deelneem hul titels as platform moet gebruik vir liefdadigheidswerk.  Dit is duidelik dat Patricia haar titel(s) gebruik vir meer as die erkenning wat dit haar bied.  Ons het verseker meer van hierdie kaliber titelhouers nodig.

Om in kontak te kom met Patricia – projekbietjieliefde@gmail.com/Projek Bietjie Liefde of Patricia Smit_Mrs Queen of the Cape 2016 op Facebook.

 

Advertisements
About AnnetteH (11 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: