Advertisements
Don't miss out...

Wicus van der Merwe, al 15 jaar ‘n storieman…

Na 15 jaar in die Afrikaanse vermaakbedryf, en ’n kinderlewe in die huis van ‘n komedielegende, het Wicus van der Merwe ‘n paar stories om te vertel. Ek was bevoorreg om met hom te kon gesels oor ‘n paar hoogtepunte in sy lewe, binne en buite die kollig…

‘n Mens sou dink met ‘n pa soos Tolla van der Merwe, is stories vertel vir Wicus ‘n bietjie soos asemhaal.  Ek verwag dat hy gaan sê sy pa het hom sulke snaakse bedtydstories vertel toe hy klein was, dat hy homself meeste aande aan die slaap gelag het. Maar Wicus van der Merwe se liefde vir stories het uit sy eie nuuskierigheid ontstaan.

As daar enigsins stories vertel was, wat ek nie rerig kan onthou nie, sou dit seker my ma gewees het. Ek het redelik vroeg reeds begin lees, en het daai tyd al vir my boeke gaan uitneem by die biblioteek en saans gelê en lees tot ek uitgepaas het. Die eerste langerige boek wat ek kan onthou, was ‘n storie oor ‘n jakkalsie. Ek was so trots op myself, ek het daai boek seker vier keer deurgelees.

Insluitend twee SAMA benoemings, ‘n Tempo, en ‘n Ghoema toekenning vir beste komedie, het Wicus het teen 2017 al ‘n hele paar pryse vir sy werk bymekaargemaak. Hy deel die heel eerste grappie wat hy geleer het (op ouderdom vier) met my.

O hygend, nou moet ek mooi dink… Ek dink dit was die storie van Wallie Walvis wat geswem het in die oseaan toe Klein Vissie agter by sy stert geswem het. “More Oom Wallie Wavis!” skree Klein Vissie, maar Wallie Walvis swem net aan. Klein Vissie swem toe bietjie vinniger om tot by Wallie Walvis se middelste vin te kom en skree toe weer, “More oom Wallie Walvis!” maar Wallie Walvis swem net aan. Klein Vissie gee toe alles wat hy het en swem tot by Wallie Walvis se oor en skree op sy hardste. “MORE OOM WALLIE WALVIS-IS-IS-IS-IS!!!!” weergalm dit in Wallie Walvis se oorkanaal af. Toe draai Wallie Walvis sy een oog stadig om en sê, “More Klein Vissie.”

Ek weet, dis nou glad nie snaaks nie, maar as jy vier jaar oud is, is dit die snaakste ding wat jy in jou lewe gehoor het!

Na skool het Wicus ‘n jaar diensplig gaan doen. Hy het deel geword van die vloot, en homself onmiddellik daar by ‘n band in gewikkel.

Tydens basiese opleiding was daar ‘n paar manne wat ‘n band aanmekaar gesit het en sommer so in die barakke opgetree het. Ek wou baie graag insit met die band maar my “muso skills” was nie daarnatoe nie. Op daardie stadium het ek nog nie in my hele lewe aan ‘n kitaar gevat nie, newwermaaind in ‘n band gespeel. Al wat ek kon doen was sing, en het alles in my vermoë gedoen om as voorsanger vir die band in te staan. Die manne was maar stram, maar op die ou end het hulle ingegee en my paar keer laat sing. Een van die lede was Adriaan Brand, nou ook ‘n voormalige lid van Springbok Nude Girls. Die ander manne kan ek nie regtig onthou nie.

Na die vloot is Wicus na Universiteit Stellenbosch toe waar hy koshuis lewe ervaar het. Daar het hy ook die groot liefde van sy lewe ontmoet, sy vrou René.

Dié het in my eerste jaar gebeur! Sy was saam met my suster in Eikenhof. Ek het haar al van skool af geken. Sy was in Vredendal op skool en ek in Clanwilliam, maar ons het nooit regtig van mekaar geweet op daai stadium nie. Ek het maar so begin “eye” op Stellenbosch wanneer ek ‘n draai by my suster gaan gooi het. Hulle was daai tyd al beste vriendinne. Nodeloos om te sê, my besoeke aan my suster het al hoe meer gereeld begin raak. Dinge het op ‘n spits geloop een aand by ‘n sokkie in die Neelsie waar ek, om een of ander rede, opgedaag het met net ‘n babadoek aan en ‘n Vader Krismis hoed op my kop. Blykbaar was dit die outfit wat die ding deurgetrek het… Sy sal tot vandag toe teen dit stry!

Wicus was ‘n koshuisman by Simonsberg. Hy vertel van lewenslange vriendskappe wat ontstaan het, en hoe die koshuislewe hom as mens laat “ontwikkel” het.

Dit was ‘n great tyd in my lewe gewees. Die eerste jaar was ek nog half in “army mode” en baie gedissiplineerd. Ek het my eerste jaar met vlieënde vaandels deurgekom sonder een her! Toe kom ek regtig in die studentelewe in en benut dit ten volle, en daar het dinge begin agteruit gaan… In my derde jaar was my broer ‘n eerstejaar, en daai jaar het ons saam nie genoeg krediete gekry vir een van ons om deur te kom nie! Ek het uiteindelik my drie jaar graad in vier jaar ingedruk!

Na universiteit was daar ‘n kort periode waar hy in ‘n bank gewerk het. Gelukkig vir komedieliefhebbers, is daai tyd verby. Wicus het intussen al saam groot name in die Afrikaanse vermaakbedryf opgetree, insluitend Dowwe Dolla, Danie Niehaus (wat hom sy eerste kans om op ‘n verhoog te sing gegee het), Ricus Nel, Bok van Blerk, Pieter Smith, Sarah Theron, en die Heuwels Fantasties se Fred van Hartog. Wicus het niemand spesifiek saam wie hy nog wil werk nie, en bly nederig wat die voorreg om ander te vermaak aanbetref.

Ek sal saam met enige mens werk wat kans sien om my te verduur, regtig! Die talent in SA is enorm en ek sal myself gelukkig ag om saam enige iemand, uit enige genre, iets te doen!

Na baie avonture, staan twee dae vir Wicus uit, as tye wat hy die heel graagste sal wil herleef.

My troudag was spesiaal, en as ek weet wat ek nou weet in die lewe, sou ek selfs groter gegaan het op daai dag. En dan die eerste keer wat jy op ‘n verhoog gestap het voor 20 000 mense… Daai gevoel van banggeit en opgewondenheid kan jy vir niemand beskryf nie! Ek dink dis hoe dit moet wees soos om ‘n Springbok trui oor jou kop te trek voor jou eerste toets!

Vir 2017 is daar nog ‘n CD wat Wicus beplan…

Die nuwe CD is in die pylvak met die “working title,” Stories uit Botterblomstraat. As alles goed gaan behoort hy voor KKNK vanjaar klaar te wees. Hierdie CD bevat stories wat ek óf al vir jare ken, óf opgemaak het in liedjievorm. Kyk uit vir hom!

Waar kan jy vir Wicus sien optree?

Lambertsbaai – 18 Maart

Bloemfontein Stadion, na die rugby – 25 Maart

Caledon Casino – 1 April

Brians Grill KKNK – 9 April

Lichtenburg – 19 April

Bloemfontein – 26 April

Windhoek – 1 Julie

Besoek http://www.wicusvandermerwe.co.za vir besprekings.

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

2 Comments on Wicus van der Merwe, al 15 jaar ‘n storieman…

  1. Vloot word met v gespel nie f en onmiddellik het twer d’s en elle Verder het ek lekker geleeez aan Wicus se artikel

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: