Advertisements
Don't miss out...

Me, myself, and I…

906c6e645b559dbf37f400abd37d80c0

Hoekom is dit dat mense so bang is om hulleself te wees? Soos in rêrig jouself te wees. Is ons bang vir verwerping? Is ons so kwesbaar dat ons nie ordentlik kan funksioneer as mense nie van ons hou nie? As ek elke dag moes loop en voorgee dat ek iets is wat ek in my hart weet ek nie regtig is nie, sou dit my totaal uitgeput laat aan die einde van ʼn dag. Dis net te veel moeite! Miskien is ek net lui, ek weet nie…

Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ons ALMAL is nou en dan in situasies waar jy maar bietjie pretentious moet wees. I get that. Wat my vang is mense wat op ʼn gereelde, daaglikse basis ʼn keuse maak om ʼn masker op te sit om by hulle omstandighede aan te pas. Of om by mense aan te pas. Dis amper nog erger. Jy het so groot begeerte aan inklusiwiteit dat jy bereid is om jou eie-ek prys te gee ter wille daarvan. Dit het my ʼn volle 35 jaar gevat om te kom tot op die punt waar ek besluit het de hel daarmee. Weet jy wat? Vat my of los my, maar ek weier om enige iets anders as net ek te wees. Sonder verskonings. As dit jou pla – beweeg aan. As jy daarvan hou – bly. Either way, no hard feelings. Ek is ʼn live-and-let-live tipe meisie. Die lewe is te kort om met wrokke rond te loop.

Ek kan ook met ʼn oop gemoed sê dat ek meer respek gaan hê vir iemand, en eerder ʼn pad stap met iemand gaan kan stap wanneer ek sommer van die begin af weet waar ek met jou staan. As jy ʼn konstant bedônnerde mens is en geen moordkuil van jou hart maak nie, dan aanvaar ek jou so en dan weet ek ten minste jy is opreg en dan kan ek uit figure hoe om jou te hanteer. Dis daai outjies wie se oggend- en aandpraatjies ( by die een is ek sus en by die ander is ek so) soos dag en nag verskil wat my onrustig stem. Glibberig sê ek jou.

Ek hou van opregtheid. Ek hou van eerlikheid. Ek hou van iemand wat onbeskaamd hulleself is en staan by die keuses wat hulle maak. Ek respekteer dit. Ja, mens wil sekerlik hê almal moet van jou hou, maar kom ek stel dit so: jy kan dalk die wêreld se heerlikste cupcake wees, maar daar gaan steeds mense wees wat nie van cupcakes hou nie. En dis nie die einde van die wêreld nie.

Ek het gaan google vir ʼn mooi sêding oor jouself wees, en alhoewel ek nog nooit in my lewe van ʼn ene James Leo Herlihy gehoor het nie, het hy ʼn oulike ding gesê: “Be yourself. No one can ever tell you you’re doing it wrong.”  Lekke James.

Advertisements
About cathy de lange (3 Articles)
Wife. Mommy. Lover of pretty earrings. Views (however crazy) are entirely my own.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: