Advertisements
Don't miss out...

Die môre belofde…

scale-with-feet-3

O wee, daar maak ek vandag ‘n vreeslike groot fout! Waarom sal ek tog nou so dom ding gaan staan en doen? Nogal op ‘n Sondagmiddag.  Asof ek nodig gehad het om die nare waarheid so blatant te sien.

Ander mense gaan stap, of gaan drink koffie by vriende, vat ‘n middagslapie of kyk ‘n familie komedie op DSTV.  Van my vriende het ‘n instelling om die kinders Blouberg toe te neem vir roomys   Normale dinge, lekker goed om die naweek op ‘n goeie noot te eindig.

Verseker was daar vandag iets fout met my logiese denke, die kant van my brein verantwoorderlik vir sinvolle redenasie was duidelik nog vas aan die slaap.  Dus kan ek nie verantwoordelik gehou word vir my oomblik van waansin nie.  Ongelukkig veroorsaak dieselfde oomblik nagevolge.

So, wat doen ek op ‘n Sondagmiddag? Klim op die skaal, ek trek my onvriendelike badkamerskaal met sy onskuldige glasgesiggie nader.  Dieselfde skaal wat ek al vir maande vermy, tot vandag toe.  En toe? Toe skok hy my stil-stil in my oefenklere in.  Wel, eers na ek die batterye verander het en net weer, vir net ingeval, weer geweeg het.

Tot my spyt het die syfers saam met my spannende knoop gestem.  Die realiteit is iets wat seker net lede van die Eva geslag sal verstaan.  Dit maak nie saak of jou skaal ‘n 5kg of ‘n 15kg te veel wys nie.  Elkeen voel soos dubbeld die werklike en ons weet wat dit verg om af te skud.  En dit is beslis nie my koolhidraat gevulde middag ete nie.  Oom Noakes sou verseker hiperventeleer het, sou hy aan tafel saam met my gewees het.

My glasskaal in al sy stomheid gluur my nou aan, tartend selfs, hy dink nie ek gaan dit doen nie.  Hy voel vere vir die amper depressie waarin hy my gedompel het.  Ek is self verantwoordelik vir die syfers op die skaal, die keuse om by MacDonalds te stop of oefening te vermy, en ek is die enigste een wat iets daaromtrent kan doen.

Dit klink soos iets wat baie van ons seker al meer as een, of selfs meer kere aan onsself beloof het…  Môre, van môre af…  Hoe maak mens seker dat jou môre voorneme langer as net môre hou? So tussen my eie môre belofte gaan ek ook die soek vir die dryf, die inspirasie, die moed en die wil om my more elke dag te maak.

Skaam-skaal groete.

Annette

Advertisements
About AnnetteH (11 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: