Advertisements
Don't miss out...

Bok van Blerk gaan sing in Taiwan

Wanneer hy die foon optel en begin gesels, is hulle iewers op die langpad naby Swellendam: suksesvolle kunstenaars se toerskedules laat hulle selde toe om lank by die huis te wees.  Hierdie trippie vat hulle bietjie verder weg van Gauteng as gewoonlik. Bok van Blerk, en sy groep musikante, doen ‘n paar Kaapse vertonings voor daar op die vliegtuig geklim word na die Ooste. Die selfoonsein kom en gaan, maar hy vertel met opgewondenheid van die avontuur wat vir hulle voorlê…

Vir Suid-Afrikaners, het hy al ‘n paar vertonings in London, Beligië, Dubai, Australië, en Nieu-Seeland gaan doen, so hierdie is nie die eerste keer wat hy oorsee sal optree nie. Dit is alhoewel, die eerste keer wat daar ‘n suiwer Afrikaanse konsert in Taiwan aangebied gaan word. Bok deel dat internasionale konserte, voor gehore wat na die huis verlang, vir hom ‘n ander gevoel het, as wanneer hy optree in Suid-Afrika.

 Die mense geniet dit verskriklik, en dis nogals ‘n emosionele storie ook. Die mense pik ‘n traantjie.

Die meerderheid van die gehoor by die Kultuurfees, wat hy gaan optree, sal Suid-Afrikaners wees. Hy vertel my alhoewel ook van die Taiwanese se nuuskierigheid oor ander kulture, en dat ‘n hele paar gehoorlede wat glad nie die woorde van sy Afrikaanse liedjies sal verstaan nie, verwag word. Ek vra hom of hy ooit sy loopbaan oorsee sal probeer uitbrei vir internasionale gehore, deur Engels te sing.

Ek twyfel of ek ooit ‘n Engelse album sal opneem. Baie mense het my al gevra en so aan, maar ek twyfel sterk of ek dit sal doen.  Ek het al oorweeg om bietjie na Holland te kyk, of België, waar hulle bietjie meer Afrikaans verstaan, maar om daar ‘n loopbaan te begin is soos om oor te begin in Suid-Afrika… Ek het ook al een of twee Engelse liedjies gedoen, maar ek dink mense ken my ‘brand’ as Afrikaans en Suid-Afrikaans, en dit gaan maar oor die taal, so ek dink nie dis die regte ding vir my om te doen nie.

Bok is lief vir reis, en besoek graag nuwe plekke. Die besoek aan Taiwan is darm nie net vir werk nie. Voor die Kultuurfees sal daar ‘n paar dae wees wat sy span kan gebruik om die plaaslike taal, kultuur en kos te geniet.

Ons gaan bietjie Hong Kong toe vir drie-vier dae, en dan Taiwan toe vir drie-vier dae, en dan show ons volgende week Saterdag… Ek dink dis te kort om die taal te leer. Maar my vrou sê altyd, as ons reis, dink ek binne drie-vier dae ek kan die taal praat. Dan begin ek met die ouens in hulle eie taal praat, maar dis net ek wat glo hulle kan my verstaan.

Hy is ook nie bang om weg te draai van die bekende toeristestrate, om die kronkelpaadjies waar die ‘locals’ loop, te gaan ondersoek nie.

Ek probeer die kos uit. Ek is mal daaroor. Ek probeer regtig myself inleef in die kultuur an alles wat hulle het om te bied. Ek is nie mal daaroor, as mens reis, om die suiwer toeriste goed te doen nie, maar as mens ‘n kort tydjie gaan is dit die maklikste. Gewoonlik as ek reis en bietjie meer tyd het, dan probeer ek op grondvlak die mense leer ken en te sien hoe hulle leef…

Wanneer Bok en sy span weer in Suid-Afrika land, is dit terug na toere en konserte. Besoek sy webblad ( http://www.bokvanblerk.co.za ) vir meer besonderhede oor waar jy hom volgende sal kan sien optree.

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

1 Comment on Bok van Blerk gaan sing in Taiwan

  1. Well, Bok van Blerk and his team landed in Taiwan, half-exhausted from back-to-back touring, yet there was no holding them back. Strolling from place to place, lapping up all the Taiwanese culture that was thrown at them, point and shooting their cellphones at absolutely everything, playing ruthless jokes on each other, laughing from the pits of their happy beings, embracing the East with passion, and then bringing their professional game at its highest for the crescendo of SaffaFest on the Saturday evening. Bok, Andrew, Jaco, Tammy, Wentzel… what a quality team of authentic, solid, positive professionals! Thank you for making SaffaFest Taiwan 2017 a roaring success. Please come back… We miss you already!
    Signed: Proudly South African in Taiwan

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: