Advertisements
Don't miss out...

Daniel en Esmé stap ‘n lang pad saam…

daniel-3

Foto: Die Engel en die Potlooddief (Universiteit Produksie)

Tien jaar na Daniel Wolmarans en Esmé de Wet by die Drama Department op Kovsies ontmoet het, lag, kuier, en huil hulle nog saam, en hulle maak nogsteeds teater…

Dit was hulle eerste produksie as drama studente; hy was Peter Pan, en sy was Wendy. Net soos in die storie het hulle vinnig groot vriende geword, en baie avonture saam aangepak.

daniel 2.JPG

Foto: In kostuum voor die Scaena Teater gedurende hul eerste jaar by Kovsies.

Dit was net bestem dat ons moes saam werk.  Te veel swart koffies, laat in die aand, het die kreatiewe vonke laat spat en het ‘n baie kosbare vriendskap ontstaan.

-Esmé

In tien jaar se studeer, trek, groot word, en in Esmé se geval ook trou,  het die twee vriende al elkeen in eie hoedanigheid ‘n hele paar suksesvolle teaterproduksies die lig laat sien.  Die wat uitstaan, is alhoewel, die projekte wat hulle as ‘n span aangepak het.

Tydens Universiteit het ons die voorreg gehad om in meer as een produksie saam te speel en saam te werk.  Ons het onder andere Vir Hermien saam geskryf – ure spandeer in ons gunstelling koffiewinkel en na vele trane en lag en wyn het ons hierdie pragstukkie werk in Pretoria en in die Kaap aangebied.

-Esmé

216805_10151238541315832_1815723867_n.jpg

Foto: Kunswerk vir oorspronklike produksie plakaat

Die storie, oor ‘n man se onvoorwaardelike liefde vir sy vrou, en sy pogings om haar uit haar depressie te red, het gehore tot trane (die gelukkige en ook die hartseer soort) meegevoer. Tussen Daniel en Esmé, het hulle 6 karakters gemaklik vertolk. Vir Hermien oorspronkilik opgevoer in 2012, is weer op die planke gebring in 2015, en het in daardie jaar in die top drie geeindig by die Deurbraakfees in Stellenbosch.

‘n Teater hoogtepunt vir die duo was hulle 2016 Woordfees produksie SKADU. Met Esme as skrywer en Daniel as speler, is die toneelstuk benoem vir ‘n Woordtrofee nominasie vir beste deurbraakproduksie op die fees.

Skadu PE poster.jpg

Foto: Produksie plakaat

SKADU het gegaan oor ‘n man se obsessie met sy skaduwee; die simboliek vir groot hartseer wat hy as gevolg van ‘n familie tragedie saam hom dra.

Hulle nuutste teaterstuk, DRIE, volg dieselfde wen resep as SKADU. Dis Esmé se storie, maar Daniel wat hom vir die gehoor vertel.

DRIE POSTER WOORDFEES.jpg

Foto: Produksie plakaat

Die storie handel om Louis Preller – ‘n enkellopende man met Obsessief-kompulsiewe versteuring (OCD). Louis probeer deurentyd van sy versteuring ontslae raak en daarom doen hy ontsettende baie navorsing daaroor en probeer hy dan homself genees. Deur die verloop van die vertoning kom sekere dinge aan die lig, soos byvoorbeeld die oorsprong van sy versteuring, die rede vir waarom hy is wie hy is, en die manier waarop hy homself sien.

DRIE het twee opvoerings by hierdie jaar se Woordfees. Jy kan dit gaan kyk by Weltevreden Waenhuis om 18:00 op 5 en 11 Maart. Kaartjies is beskikbaar teen R80 by Computicket, of teen R90 by die deur.

As jy nie die Woordfees vertonings gaan kan bywoon nie, moenie bekommer nie. DRIE gaan later in 2017 in Port Elizabeth by die Little Theatre te sien wees, asook in Pretoria by die Knypie Kat Teater. (Hou http://www.tjlevva.com dop vir datums en tye.)

Teen oor gesoute teater veterane, is Daniel en Esmé is nog maar eintlik kort in die bedryf, maar hulle altwee nog groot drome oor saam wie hulle nog sal wil werk.

Daar is natuurlik die legends en bekendes, maar elke dag ontwikkel daar nuwe, jong en vars kunstenaars wat werklik goeie werk lewer. Vir my gaan dit nie noodwendig oor saam wie ek werk nie, maar die proses saam met die persoon, wie ookal dit dan op daardie stadium van my lewe is. Iemand wat wel tog vir my uitstaan is die fantastiese akteurs, Richard September en Chris van Niekerk.

-Daniel

Ek wil net een dag vir Hennie van Greunen speel – net een enkele keertjie asseblief.  Dan sal ek baie bly wees as daar meer van ons gesoute regisseurs is wat sou belangstel om na my tekste te kyk.  Ek sal die wysheid soveel waardeer – omrede ek nog baie het om te leer.  Eendag as ek groot is, sal ek graag vir Amanda Strydom wil skryf.  En dan natuurlik sal ek saam die geliefde Daniel Wolmarans tot in lengte van dae wil skryf.

-Esmé

Advertisements
About Anna Greenfield (30 Articles)
Anna is a creative writer with a background in radio and theatre. One day, when she becomes a proper adult, she will direct and produce movies and have a big boat and a little baby with her dashing (and also height appropriate) husband Dean.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: