Advertisements
Don't miss out...

Dankbaarheid in ‘n PS …

ps-3d-friends-for-life

Hoe inspireer en motiveer jy iemand anders as dit voel asof daar berge op jou eie skouers rus? Soms is die verantwoordelikheid net so groot, soms trek die swaarkry en hartseer van ander jou net so ver af grond toe dat jy self skaars krag het vir opkyk.

Vandag voel ek so!  Swem is nie eens ‘n opsie nie, dit is sink soos ‘n klip, geen redding in sig nie.  Elke skewe kyk is genoeg om my aan die grens te sit.  Alles raak skielik net te veel.  Nugter weet wat “alles” is.  Hoe kan jou normaal om jou verkrummel sonder werklike rede?

Wat ek eintlik wil weet is  – wat noem mens dit?  Dalk sal dit help om raad vir die kwaal te kry.  Ek sidder om te dink watse antwoorde GOOGLE moontlik vir my sal gee.  Ek mag dalk sterk oppad wees na stapelgek met hierdie einste simptome.  Die slim, lewelose bron van kennis ken nie van emosies nie.  Ook nie van die mens agter die emosies nie.

En my emosies …? Wel hulle is pretty much all over hoor.  Ek voel sommer net jammer vir myself, unappreciated en vergete. Om te gee en te doen vir ander voel goed, meeste van die tyd.  Maar, ja daar is ‘n maar, soms, net soms, wil ek dit uitgil … wat van my? Ek kan my eie bas skop, as ek kon sou ek, dat ek myself toelaat om so vasgevang te raak in myself dat ek van die werklike rede vergeet.

Terwyl ek erkenning soek en myself bejammer dat ek nie genoeg daarvan kry nie, is daar ‘n groter, werklike behoeftes.  Behoeftes wat minder vra as my ego.’n Petroljoggie het my so effens teruggebring aarde toe.  Al klaende oor die petrolprys en dat ek nie my kar kan volmaak nie, het hy my herhinder dat daar altyd iemand sal wees wat minder as ek het, met wie dit op hierdie huidige oomblik slegter gaan as met my.

Dit vat min om mens terug te bring aarde toe.  Dit mag ‘n petroljoggie se wyse woorde wees, of ‘n PS Thank you chocolate op jou bed.  Onverwags weet ek – dit is nie vir niks nie, ek is nie vergete nie.  Dalk moet ons net lank genoeg ophou erkenning verwag sodat ons dit kan ontvang.

Dankbare groete.

Annette

Advertisements
About AnnetteH (11 Articles)
I am a coffee shop owner with a love for people, their lives and their conversations. Most days I'm happy, some days not. I feel fat, go to gym, feel better, get lazy and skip a few sessions, then I do it all over again. I write about what I see, hear, feel and experience. Generally - life as it happens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: