Advertisements
Don't miss out...

Die Kaal Vrou in die Huis

kaal-franse-tannie

Sy lê  kaal op haar bed.  Asof sy aan ‘n kruis hang.  Haar arms, wyd uitgestrek langs haar en sy roer nie.  Dit is ‘n warm aand en die hitte hok mens in. Ek word ‘n toeskouer.  Maak my klein, word amper mensloos.  Musiek streel deur die huis en oor haar lyf.  Dit streel en die kerslig flikker en maak dat skaduwees die kamer rondspring.  Haar lyf lyk wild in die donker dansende skadu’s.  Dit ontaard in ‘n rebellie van skaamteloosheid.  Ek wonder of sy so voel?  Skaamteloos bewus van die lyne en kurwes en holtes van haar lyf.  Sy sweet en ek vermoed sy sal later die swembad bederf met haar nat lyf.  Intussen is ek nog klein.  ‘n Spikkel. ‘n Ster.

Nou staan sy weggevoer en wieg heen en weer op die maat van die musiek.  Melodië word roetes ver en naby en onder bome en dowwe straatligte.  Haar lyf is ontspanne as sy haarself neerlê op ‘n rusbank.  Twee wit boude lê gemaklik en sag.  Die naaktheid word die pragtigste nagrok vir my.  Ek wonder of sy bemin word.  Is sy iemand se beminde?  Maar vanaand lyk sy te afgesonder om te behoort.  Nou syl haar lyf weer regop opsoek na koellug.  Sy skakel ‘n waaier aan en staan ‘n wyle doodstil terwyl haar hare in vlinders fladder.  Nog twee kerse word aangesteek.  Dit lyk of die son oor haar opkom.  Nou be-lê sy weer haar bed met ‘n boek tussen haar vingers.  Ek kan nie sien wat sy lees nie, maar ek verbeel my dit is poësie.  Sy vereer die skrywers deur die verse sagkens te uiter, dink ek. Dalk lees sy die die Krog vers:

ek is die here

hoor my

‘n vry fokken vrou

Sy word die gedig.  Haar lyf is skielik magtig.  Sy sweef deur haar huis.  Sterk.  Sag.  Sweet. Sterker nou.  Daar is niks weerloos aan haar nie. Sy het volle beheer.  Elke tree word ‘n rimte van sekerheid.  Sy bly die here ‘n vry fokken vrou.

Ek staar ongenaakt.  Ongeskonde.  My lyf word ook ‘n gedig, ‘n ander skrywer, ander tipografie.  Ek staan ook klereloos.  My arms is uitgestrek.  Ek luister die ritme aan.  Ek is nie meer so klein nie.  Ek is sigbaar.  Die maan kan aan my raak die sterre kan maar na alles kyk.  Dis ‘n vry oomblik.  Die vryste nog.  Ek ontwaak uit ‘n dwaling.  Ek herroep die kaalengel.  Ek soek haar in haar huis.  Vind haar in die kombuis.

Sy gooi ‘n glas water in haar keel af.  ‘n Straaltjie of twee loop teen haar nek af en meng met sweet druppels.  Dit verken sekerlik haar lyf soos dit afgly.  Dit was dalk die vertrekpunt van ‘n  gedagte want sy skuif die twee glasdeure gelyktydig oop en duik dan soos ‘n meermin die water in.  Dit voel langer as wat dit regtig was voor sy opkom.  Kompleet soos ‘n vis net;’n figuur onder die water.  Dan bars sy sproei en al die oppervlak oop.  Dit lyk vir my soos ‘n blom wat oopbars.  Sy blink in die maanlig en in die water en voor my oë het sy verdwyn.

Deur Kaalkind 2017

Advertisements

1 Comment on Die Kaal Vrou in die Huis

  1. Dankie Kaalkind – the power is inside of us – we are the Great Creator and the Creator is inside of us. We are in the image of God, hear us roar. Within vulnerability, there is strength to be found. Ek het ook n kaalengel in my, ons almal het…vind haar

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: